Porsche wys sportief en groen versoenbaar

2011-12-08 08:05

Porsche se groot kanon, die Panamera … Daar’s nou elektriese krag ook.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy moet weet die omgewing is in die moeilikheid wanneer sportmotorvervaardigers ook begin hibriedvoertuie bou.

Ons het pas Porsche se Panamera S hibried vir ’n paar dae bestuur en dié groot weeldewa laat ’n mens met ’n frons.

Die frons is nie oor die Panamera se bekwaamheid nie, maar oor die hele beginsel van hibriedvoertuie en hoe sinvol dit werklik is.

Ek sal volstaan deur te sê dat elke bietjie in dié stadium help en Porsche wys met sy hibriedmodelle dat sportief en groen tog versoenbaar is, al is dit net-net. Dalk ’n bietjie van Skoonlief en die Ondier, as jy my vra.

Soveel as wat ek vir die omgewing omgee, sou ek die hibriedPorsche koop as ek die geld gehad het?

Wel, die alternatief is diesel en dit klink net so vreemd vir dié vervaardiger as “Porsche” en “hibried” saam.

As ek dan tussen die twee moet kies sal dit maar taai wees, aangesien dit bloot metodes van aandrywing is wat nie normaalweg met Porsche vereenselwig word nie. Die skade aan die omgewing van die twee enjinkeuses is ewe min of ewe veel.

Die Porsche S-hibried het ’n 3 liter-V6-enjin met ’n superaanjaar wat 245 kW lewer hier teen 5 500 r/min. Dan is daar ook ’n elektriese motor, wat 34 kW teen sowat 1 000 r/min. bied.
 
Die V6 se wringkrag is 440 Nm en die elektriese motor sorg vir wringkrag van 300 Nm.

Omdat die twee metodes van kraglewering nie deurgaans gelyktydig werk nie, is dit nie die regte ding om bloot die syfers bymekaar te tel nie. Porsche sê dat wringkrag by 1 000 r/min. met die gekombineerde kraglewering so 580 Nm is wat nie te versmaai is nie.

Terloops, Porsche reken dié model kan 100 km/h in net 6 sek. haal en sy topspoed is ’n stewige 270 km/h.

Kraglewering gaan ook net na die agterwiele en ’n gewone outomatiese Tiptronic S-ratkas met agt gange word ingespan. Gewoonlik gebruik Porsche sy PDK-dubbelkoppelaarratkas in die meeste Panameras.

Soos in die Toyota Prius kan jy vir ’n paar kilo’s net op elektriese krag ry; tot sowat 85 km/h.

Jy moet egter die petrolpedaal sagkens hanteer, anders skop die V6 in.

Op die oop pad teen topsnelhede sal die petrolenjin soms afskakel en die elektriese motor sal dat die wa sy pas handhaaf. In stadsverkeer is die stop/ry-stelsel nuttig en e-modus laat jou toe om eers die elektriese krag te benut om petrol te bespaar.

Die punt van die hibried en stelsels soos die stop/ry is dat die enjin soms afgeskakel word terwyl die voertuig in gebruik is. Dit bring natuurlik besparing mee, om nie te praat van die kleiner hoeveelheid uitlaatgas wat dié voertuig in vergelyking met ’n gewone voertuig vrystel nie.

Die oorskakeling tussen die elektriese motor en die petrol­enjin is naatloos en soms is dit net die enjin se toerteller wat op ­0 r/min. rus wat die enigste ­aanduiding is dat die elek-
triese motor met die aandrywing help.

Hedendaagse hibriedvoertuie wys wat die voordele van elektriese aandrywing is.

Dit wys ook wat die tekort van dié stelsel is, naamlik ’n sinvolle batterylewe.

Dit kom net weer neer op die vraag watter energiebron vir die voertuig se aandrywing in die toekoms gebruik gaan word.

Ons ken nou die probleme rakende olie en batterye en elektrisiteit het duidelik ook hul beperkings.

In die toetstydperk het ek maar bestuur soos ek gewoonlik bestuur; sonder om te veel te konsentreer op waartoe die Panamera in staat is.

’n Tog tussen Welkom en Johannesburg met die spoedbeheer op 125 km/h het ’n verbruiksyfer van 8,5 liter/100 km gelewer wat eersteklas is en met die verbysteek van stadiger verkeer het ek eenvoudig voet neergesit.

Hou ook in gedagte dat die wêreld tussen Welkom en Johannesburg so plat is dat jy ten minste drie dae die toekoms in kan sien.

In die stad en met my swaar regtervoet het dinge verander en die verbruik was sowat 13 liter/ 100 km wat heel aanvaarbaar is.

Porsche reken dat met katvoet­ryery ’n verbruiksyfer van so laag as 7,1 liter/100 km (gemiddeld) moontlik is.

Nog iets van die groot Panamera van amper 2 t: Dit bly ’n voortreflike ryding met baie luukshede, ruimte en sportmotoreienskappe wat sy mededingers sal sukkel om hom na te doen.

In die tussentyd sorg ’n wa soos die Panamera S-hibried dat ryk mense en eksklusiewe sportmotorvervaardigers soos Porsche se omgee vir die omgewing sigbaarder is.

O ja, sy prys is R1 114 000.

Die diesel-model (V6; 184 kW; 550 Nm) kos net R766 000, wat ek nou regtig as die spreekwoordelike winskopie beskou.




binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.