Partytjie-bederwer met oemf

2012-01-12 06:00

Die uitlaappyp weerskante waarsku daar’s woema.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BMW is straks ’n raps laat vir hierdie partytjie – Mercedes het dit immers ses jaar gelede al met sy CLS begin – maar daarvoor vergoed BMW met ’n lieflik gestileerde ryding, gelaai met tegnologie.

Sy nuwe Gran Coupe is wat die vervaardigers ’n “vierdeur-koepee” noem. Dink maar aan Porsche se Panamera, die Aston Martin Rapide en Audi se A7 Sportback.

Net soos daardie kêrels het die Gran Coupe ook ’n lang asafstand en ’n vloeiende daklyn om die koepee-gedagte te versterk. Maar dan het dié nuwerwetse sedans ook vier deure en nie net twee, soos ’n ware koepee nie.

Die Gran Coupe is op die nuwe 6-reeks (wat in Januarie verlede jaar bekend gestel is) se onderstel geskoei, maar in sy geval is die asafstand met 114 mm verleng.

Wat sy voorkoms betref val sy lang neus en die lang asafstand dadelik op, asook die wiele, wat op die hoeke geplaas is; met hul kort oorhange voor en agter.

Ook die dak is laag en geboë, terwyl die hele kajuit, soos die Z4 s’n, na agter geskuif is.

Die lang bakwerk beteken dat die Gran Coupe ’n volwaardige vyfsitplekker is, sê BMW, terwyl die agterlaairuim ’n gawe 460 liter kan sluk. As jy die rugleunings platslaan, groei die ruim tot 1 265 liter.

Al die motors sal met drie rymodusse toegerus wees: “gemaklik”; “sport”; en BMW se nuwe EcoPro-verstelling (wat jy weldra ook in die nuwe Drie gaan aantref), wat suiwer op ’n groener en brandstofsuiniger rit gemik is.

Benewens dié karakter-verstellings kan jy die ritgehalte kies. Dis nou danksy die skokbrekers, wat van kleppe voorsien is wat die olie vinnig in en uit kan pomp om ’n sagte of ’n fermer, sportiewe rit te bied.

’n Derde standaarditem in die nuwe Gran Sport is die stop-ry-stelsel, wat die enjin vanself afskakel wanneer jy stilhou en self weer aansluit wanneer jy wegtrek.

Al die motors sal met BMW se nuwe agtgang- outomatiese ratkas toegerus wees.

Wat die enjins betref sal jy van drie modelle (twee petrol en een turbodiesel) kan kies.

In die 640i is die vervaardiger se redelik nuwe 3,0 liter-reguitses met twee turbo-aanjaers wat in serie gekoppel is (die een werk teen lae toere en die volgende teen hoë toere). Die enjin lewer 235 kW en 450 Nm wringkrag.
In die 650i doen die groep se biturbo-V8-bul van 4,4 liter diens.

Dié enjin pomp ’n stewige 330 kW en 650 Nm wringkrag agterwiele toe. Die 650i sal ook met BMW se xDrive-vierwielstelsel te kies wees.

En laastens is daar die 640d-turbodiesel, wat met die vervaardiger se 3,0 liter-reguitses (230 kW, 630 Nm) in die neus spog.

Binne is die Gran Coupe luuks afgewerk; met klimaatbeheer, leersitplekke en houtinsetsels wat standaarditems gaan wees.

Daar is ook die verwagte tegno-hulpmiddels soos ’n baanverlaat-gonser, ’n gonser wat jou waarsku as iemand in jou blindekol inbeweeg, parkeersensors en trukameras, hoofligte wat self op domp gaan as iemand van voor aankom en ’n afsonderlike skermpie wat saans ’n TV-beeld (afgeneem deur ’n infrarooi kamera) vir jou wys sodat jy verder in die donker kan sien, maar sonder dat jy ander motoriste verblind.

  • As jy teen hierdie tyd reeds jou lippe vir BMW se Gran Coupe aflek is daar goeie nuus: Volgens die vervaardiger sal die Gran Coupe reeds teen Mei in Suid-Afrika beskikbaar wees.


Lank, slank en elegant... Die Gran Coupe se asafstand is 150 mm langer gemaak as dié van die 6-reeks, waarop hy geskoei is.

Daar’s ’n tiksel Chris Bangle te bespeur in die Gran Coupe se skerp lyne, maar, mapstieks, hy’s mooi!

Die tweekleur-afwerking skep ’n netjiese gevoel in die Gran Coupe se deftige binneruim.


Die lang asafstand sorg vir goeie beenruimte agter. BMW sê vyf mense kan in hom ry, maar daardie middelpassasier is seker die grootbaas se gholfsak-draer.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.