Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Karverkope wys resessie is aan’t wyk

2010-03-04 10:41

Dit wil voorkom asof motorverkope in Suid-Afrika besig is om kop op te tel.

Die toename van 18% in die verkope van nuwe voertuie in die eerste twee maande van 2010 teenoor dié in Januarie en Februarie verlede jaar is ’n bemoedigende teken dat Suid-Afrika besig is om sy eerste resessie in 17 jaar af te skud – en dit is besonder goeie nuus vir die sakegemeenskap, sê die uitvoerende hoof van McCarthy, Brand Pretorius.

“Die motorbedryf word allerweë as ’n noukeurige barometer van sakevertroue en aktiwiteit in die werklike ekonomie beskou, gevolglik was die verkope van nuwe voertuie in Februarie verblydend,” sê hy.

Volgens die syfers van die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) is daar in Februarie altesame 39 312 nuwe voertuie van die hand gesit.

Hoewel dit net effens beter was as die verkope in Januarie vanjaar, was dit ’n aansienlike 20,5% beter as die prestasie van die voertuigbedryf in Februarie 2009.

Die grootste verbetering was in die passasiersvoertuigsektor.

Hoewel daar in Februarie 3,7% minder passasiersvoertuie verkoop is as in Januarie, was die Februarie-syfer ’n betekenisvolle 27,5% hoër as in dieselfde maand verlede jaar.

Pretorius reken dit is ’n bemoedigende teken.

“Verlede maand se afset van 26 009 passasiersvoertuie is verdere getuienis dat daar ’n besliste opwaartse neiging in die mark is, hoofsaaklik aangevuur deur vlootaankope.

Motorverhuringsmaatskappye se aankope met die oog op WB2010 het ook sake aangehelp.

Die gedempte vraag van private kopers was egter teleurstellend.

“Met die uitsondering van die mediumswaar-handelsvoertuigmark was daar gesonde toenames in verkope in al die ander handelsvoertuigsektore teenoor die afset in Februarie verlede jaar,” sê Pretorius. 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Voip Engineer

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R360,000-467,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-650,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-520,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C180 K Classic MY07 AT
2007
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2004
R 94,995.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video