Grootboet se truuks ook in Drie te kry

2011-12-01 08:47

Tik die skakelaar met die kamera-ikoon op en jy sit soos ’n posduif bo jou motor. Nuttig as jy wil parkeer in ’n smal ruimte.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soos dit met ’n nuwe-generasie-ryding gaan is dié klong gelaai met tegnotruuks wat meestal al tevore in sy groter stalmaats te vinde was.

Hier is ’n paar van die nuwe stelsels wat nou standaard of opsioneel in die nuwe 3-reeks is:

  • Kameras: Die 3-reeks het nou dieselfde kamerastelsel as wat ’n jaar of drie gelede in die 7-reeks gedebuteer het. Daar is vier kameras laag in die motor se buffers gemonteer: een voor, een agter en twee weerskante van die voorbuffer reg voor die voorwiel. As dié vier kameras se beeld saamgevoeg word, kry ’n mens ’n foto wat lyk of jy die motor reg van bo sien.
Dit help veral as jy in ’n smal spasie moet parkeer. Die kameras wys die area reg langs die wiele sodat jy nie sommer ’n randsteen of ’n lae paaltjie agter jou raakry nie.

Die agterste kamera werk natuurlik ook as ’n gewone trukamera vir parkeerhulp.

  • Gonsers: In jou kantspieëltjies is daar ’n rooi driehoekie wat begin flits sodra daar ’n voertuig in jou blindekol inbeweeg. Jou stuurwiel vibreer ook as jy stadig uit jou baan begin dwaal. Dit help as jy agter die stuur aan’t indommel is om jou op jou tone te hou.
  • Slim hoofligte: Sit jou hoofligte snags op hul skerpste verstelling en vergeet van hulle. Die ligte sal vanself op domp gaan sodra daar ’n motor van voor kom (dit werk tot op ’n afstand van 1 000 m).
Die ligte sal ook op domp gaan as jy nader as 500 m agter ’n ander voertuig is sodat jy nie die ander motoris se sig in sy truspieëltjie belemmer nie.

Soos ook al tradisioneel is, kan die ligte se lampies effens swaai wanneer jy stadig ry en die stuur skerp draai.

  • Volg daai motor: Volgafstandbeheer sorg dat jy heeltyd op ’n vasgestelde afstand van die voertuig voor jou bly, selfs al rem of versnel hy.
Die stelsel kan jou voertuig ook heeltemal tot stilstand bring.

  • Ruitinligting: Dis ’n truuk waarmee BMW nou al ’n paar jaar eksperimenteer. Die motor se spoed word in ’n ligteoranje reg voor jou op die voorruit geprojekteer sodat jy nie nog hoef af te kyk om te sien hoe vinnig jy ry nie.
Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.