Groot Vier sal sake seker uitspook

2010-03-04 10:41

Met die einde van die laaste voorseisoense toetssessie in Barcelona verlede Sondag het ’n duideliker prentjie na vore gekom oor spanne se verrigtingspeil relatief tot mekaar.

Soos verwag, lyk dit of die stryd tussen die Groot Vier – in geen bepaalde volgorde nie: Mercedes, McLaren, Ferrari en Red Bull – gaan woed.

Anders as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, toe dit so duidelik soos daglig was dat die destydse Brawn-span (nou Mercedes) minstens in die eerste paar wedrenne van die seisoen ’n gerieflike voorsprong sou geniet, het geen span ’n beduidende voordeel bo sy teenstanders nie.

Soos verwag, het die spanne die Barcelona-sessie gebruik om hul jongste lugdinamiese verbeterings te evalueer en te kyk presies waartoe hul 2010-motor in staat is wanneer hy nuwe, sagte bande het en die kleinste brandstoflas moontlik dra.

Onder die Groot Vier is dit net Ferrari wat nie verdere verbeterings na die eerste ren oor ’n bietjie meer as ’n week in Bahrein gaan bring nie, wat die prentjie dalk effens kan verander.

Tussen Vrydag en Sondag het al elf die spanne hul motor se kwalifiseringsopset verfyn en hierdie tabel van die 12 vinnigste tye vertel ’n interessante verhaal:

Slegs twee tiendes van ’n sekonde lê tussen die beste rondtetyd van McLaren (Hamilton, Sondag­oggend) en Mercedes (Rosberg, Saterdag), met Red Bull (Webber, Sondagmiddag) en Ferrari (Massa, Sondagoggend) tussenin. Sauber (Kobayashi, Sondagmiddag) is slegs ‘n halwe sekonde stadiger as McLaren, maar Force India (Sutil, Sondagmiddag) en Williams (Hülkenberg, Vrydag) lê tussen hulle.

Presies wanneer hierdie tye opgestel is, is betekenisvol omdat die toestand van die baanoppervlakte van dag tot dag, en selfs van oggend tot middag, wissel.

In Barcelona was die baanoppervlakte Sondagmiddag op sy beste, wat baie bygedra het tot Red Bull en Force India se vertoning.

Dit werp ook ’n gunstige lig op Williams en Sauber se peil, omdat sowel Hülkenberg as De la Rosa se Vrydagtye binne daardie halwe sekonde tussen eerste en 12de val.

Die afleiding hierbo dat vanjaar se hoofstryd tussen die Groot Vier gaan heers, is egter gegrond op die feit dat ’n motor wat oor ’n enkele rondte vinnig is, nie noodwendig vanjaar die beste gaan wees nie.

Soos voorheen hier verduidelik, moet ’n motor hierdie seisoen ook oor ’n langer skof mededingend wees, en dié wat op albei gebiede goed is, sal waarskynlik bo uitkom.

Hoewel spanne soos Force India, Williams en Sauber vanjaar dalk so nou en dan ’n verrassing kan oplewer, het dit in die geheel tydens die voorseisoense toetse geblyk die Groot Vier is konstant mededingend oor langer afstande sowel as enkele kwalifiseringstipe rondtes.

Dit is natuurlik ook dié vier wat oor die beste hulpbronne beskik, en hulle sal waarskynlik deur die loop van die seisoen danksy beter ontwikkeling die kleiner spanne agterlaat.

Ter opsomming staan sake ’n week vóór die amptelike begin van die 2010-seisoen só: Elk van die agt jaers onder die vier voorste spanne het ’n realistiese kans om die jaerstitel in te palm, en al vier die voorste spanne het ’n realistiese kans op die vervaardigerstitel.

Ná die eerste vier wedrenne, wanneer die Europese deel van die seisoen begin, sal hierdie getalle waarskynlik al ’n bietjie uitgedun wees namate die onderlinge tweestryde tussen spanmaats ’n besliste rigting inslaan, maar dit bly steeds ’n realistiese moontlikheid dat die jaerstitel uiteindelik tussen vier van hulle beslis sal word.

Dit is ook waarskynlik dat minstens twee spanne tot aan die einde van die seisoen sake om die vervaardigerstitel sal uitspook.

Dit is nie ’n draadsittery hierdie nie; die verskil tussen die voorste jaers en spanne is so klein dat slegs ’n idioot in hierdie stadium ’n meer spesifieke voorspelling sal waag.

Dit is egter die beste waarop Formule Een ooit kon gehoop het en die voorseisoen het tog bevestig dat ’n baie spesifieke voorspelling wel gewaag kan word: Ons staan aan die vooraand van die opwindendste Formule Een-seisoen ooit.

Verwoerd is ’n onafhanklike F1-kenner en geakkrediteerde F1-joernalis. Sy rubriek word op uitnodiging geskryf.

Om met die skrywer in verbinding te tree, op sy weeklikse F1 e-nuusbrief in te teken of vir inligting oor Grand Prix-toere, stuur gerus e-pos aan hendrikv@ mweb.co.za.


1 Hamilton McLaren 1:20.472 
2 Webber Red Bull 1:20.496 
3 Massa Ferrari 1:20.539 
4 Sutil Force India 1:20.611 
5 Hülkenberg Williams 1:20.614 
6 Alonso Ferrari 1:20.637 
7 Vettel Red Bull 1:20.667 
8 Rosberg Mercedes 1:20.686 
9 Schumacher Mercedes 1:20.745 
10 Barrichello Williams 1:20.870 
11 Kobayashi Sauber 1:20.911 
12 De la Rosa Sauber 1:20.973 
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.