Groen Auris bou voort op Prius

2011-11-24 10:01

Toyota het sy leiding in omgewingsvriendelike motors wat al 15 jaar gelede met die Prius begin het, ’n groot hupstoot gegee met die bekendstelling van twee nuwe Auris-modelle.

Die Auris-reeks is aangevul deur ’n groen model, die Auris HSD (Hybrid Synergy Drive), en ’n sportiewe buks, die Auris TRD (Toyota Racing Development).

Soos sy naam voorspel is die Auris TRD die op en wakker kalant in die reeks.

Dié buks maak van ’n superaanjaer gebruik om sy 1,6 liter-enjin se krag van sy gewone 97 kW en 160 Nm wringkrag na 132 kW en 203 Nm te verhoog.

Die krag word met ’n sesgang-handratkas na die voorwiele gestuur.

Die syfers dui op ’n gesonde toename in krag van 36% en ’n ewe nuttige styging van 27% in die wringkrag-syfer. Interessant genoeg sê Toyota dat die brandstofverbruik glad nie verander het nie.

Dit bly steeds op 7,5 liter per 100 km staan.

Dit is nogal merkwaardig, aangesien superaanjaers bekend is om hul dorstigheid. Die 203 Nm word ook eers teen ’n baie laat 5 200 r/min. gelewer.

Visueel is die TRD se ren-DNS met ’n paar sportiewe bykomstighede aangevul. Net 200 van dié spesiale, beperkte modelle sal gebou word.

Wat sy dinamiese hantering betref, het Toyota se witjasse die buks sowat 35 mm laer in sy sokkies laat hurk, terwyl die vering in die algemeen ook stywer gemaak is.

’n Stut tussen die veringtorings voor sorg vir bykomende stewigheid aan die voorkant.

Wat die Auris HSD betref, maak die buks van die Prius se aandryf-tegnologie gebruik. Dit beteken ’n 1,8 liter-petrolenjin (73 kW en 142 Nm) word gekombineer met ’n elektriese enjin, wat 60 kW en 207 Nm lewer. Ratskakeling is deur ’n soort CVT-palwisselratkas.

Volgens Toyota geskied versnelling van staande tot 100 km/h in 11,4 sekondes en die topspoed is 180 km/h.

Die hibried-Auris het net soos sy Prius-stalmaat drie rymodusse waarvan jy kan kies. Jy kan net met die batterykrag ry of ’n groen modus kies waarin die battery baie hulp aan die petrolenjin bied, of ’n sportiewe modus waarin albei enjins steeds in tandem werk, maar die verbruik nie so ’n groot oorweging is nie.

Die Auris maak ook van kinetiese energie gebruik tydens remming of wanneer die enjin vryloop om sy battery te help herlaai.

Toyota maak op ’n paar besonderse verbruiksyfers staat in die bemarking van sy groen Auris.

Sy brandstofverbruik is ’n verstommende 3,8 liter/100 km en sy CO2-syfer skaars 89 g/km.

Die buitekant van die Auris HSD verskil van dié van die res van die reeks. Die voorbuffer en lugskort is hersien en die onderste deel van die sierrooster is groter om lugvloeiweerstand te verminder en verkoeling te verbeter. Die hoofligte het nou ook ’n repie LED-lampies wat regdeur die dag skyn.

Aan die binnekant bedek sagte materiale die bokant van die instrumenthuisie en paneelkissie.

Klank- en Bluetooth-kontroles is nou in die nuut ontwerpte stuurwiel ingebou. Die bestuurder se instrumenthuisie is hersien en die toereteller is deur ’n ekorit-monitor vervang wat wys hoe omgewingsvriendelik jy bestuur.

Die inligtingspaneel het ook wysers wat die energievloei tussen die battery en enjin wys.

  • Pryse:
Auris XS HSD – R267 200;
Auris XR HSD – R289 800.
Die Auris TRD se prys moet nog bevestig word.



Toyota se groen Auris. Die herontwerpte hoeke van die voorbuffer huisves ’n nuwe mislighuls; met ingeboude ligdiode-ryligte. Dit is nog iets wat eie aan die Auris HSD is.
 
Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.