G’n rede om Chevrolet nié te glo

2011-12-08 08:05

Kyk ’n bietjie as jy weer iewers in jou dorp of stad ry hoeveel Corsa-bakkies jy sien.

Jy sal verbaas wees hoe dit wemel van hierdie oulike vragdraertjie op Suid-Afrika se paaie.

Daar is immers reeds 180 000 van hulle verkoop en dit maak van die Corsa die afgelope ses jaar die markleier in die segment vir klein bakkies.

Mens kan jou dit daarom amper nie indink dat iemand sal lol met so ’n wenresep nie.

Wel, General Motors dink hy het nog ’n wenner beet met die bekendstelling van die derde geslag van hierdie driekwart-ton-bakkie, wat ’n vrag van tussen 733 kg en 763 kg kan dra en in GM se fabriek in Port Elizabeth gebou word.

Die nuwe Chevrolet Utility se naam is nou wel nie die inspirerendste nie en die nuwe voorkoms dalk ook iets waaraan gewoond geraak moet word, maar General Motors is seker van sy saak.

Chevrolet het nie net met die nuwe Utility gesorg vir ’n nuwe buitevoorkoms nie, maar ook vir ’n opwindende oormaak van die binneruim.

Net soos die Corsa is hy gepasmaak vir die eienaars van klein besighede; pretmakers met hul branderplanke; boere wat na ’n werkesel vir takies soek; en sommer net vir enigeen wat na ’n gerieflike voertuig soek vir die rondkarwei van alles en nog wat.

Hierdie nuwe generasie, klein Chev-bakkies is met twee petrolenjins en ’n vyfgang-ratkas beskikbaar – ’n gewillige 1,4 liter-enjin en die kragtiger 1,8 liter-een.

Daar is drie spesifikasievlakke, Base, Club en Sport.

Die 1,4-model se kraglewering is 68 kW teen 6 000 r/min. en wringkrag van 120 Nm, wat teen 3 200 r/min. beskikbaar is. Die brandstofverbruik in ’n gekombineerde siklus soos getoets deur die SABS is 7,2 liter/100 km. Inderdaad die kragtigste én suinigste intreemodel in sy klas, aldus die syfers.

Die 1,8 liter-enjin se kraglewering is 77 kW teen 5 400 r/min. en wringkrag van 161 Nm teen 3 000 r/min. Die brandstofverbruik is 8,1 liter/100 km.

Die nuwe Uitility lyk nie net buite en binne anders as die Corsa nie nie; hy is ook 127 mm hoër, 78 mm langer en 54 mm breër.

Die Utility het alles wat jy wil hê in ’n gerieflike motor. Die Base-model se toerusting sluit 14 dm.-staalwiele en ’n volgrootte spaarwiel, hidroliese kragstuur, verstelbare stuurwiel, verstelbare bestuurdersitplek, getinte vensters, spieëltjies in albei sonskerms, twee lugsakke en ’n immobiliseerder in.

Die 1.4 Base AC en die 1.8 Base AC het lugreëling. Die 1.4 Club en 1.8 Club se bykomende spesifikasies sluit in outomatiese hoofligte, ’n radio/CD-stelsel met ses luidsprekers, MP3, RDS, UBS-kontakpunt, Bluetooth, afstandbeheerde sentrale sluiting en outomatiese deursluiting teen 15 km/h, asook ’n anti-dief-alarmstelsel.

The Sport-modelle se ekstra bykomstighede is ’n aluminiumdak-drukvin, 15 dm.-allooiwiele met ’n volgrootte spaarwiel, verwarmde en elektries beheerde kantspieëls en vensters, aanboordrekenaar, voormisligte en ’n ABS-remstelsel met EBD.

Die Chevy Utility se binneruim is dramaties aangepas met ’n moderne en prettige voorpaneel. Dit sluit die instrumentpaneel in met sy ligskakerings van blou. Die dakruimte is aangepas en met die sitplekke wat ver terug kan skuif, is die klein bakkie ook nommerpas vir ’n lang bestuurder. Net jammer daar is nie ’n voetrus nie.

Wat voorkoms betref is die hoë bak van die Corsa weg en die vooraansig is meer sedan-agtig met sy groot kom-saam-met-my-hoofligte.

Dis iets wat dalk nie in elkeen se kraal sal val nie. Niemand gaan egter wonder of die Utility familie van die Spark, Lumina of Captiva is nie.

Sy hantering is uitstekend, hoewel die windgeraas in die kajuit lastig kan wees teen hoë spoed.

GM se grootkoppe meen hier is nog ’n wenner. Daar is geen rede om hulle nie te glo nie. Hopelik vir die Amerikaners raak almal gou gewoond aan die nuwe voorkoms – voor en agter. Prysgewys kan daar nie fout gevind word nie. Veral as in ag geneem word watter waarde in die Utility versteek is.

  • Die 1.4 Base kos R115 600; die 1.4 Base AC (met lugreëling) R123 600; die 1.4 Club R136 000; die 1.4 Sport R161 100; die 1.8 Base AC nog onbekend; die 1.8 Club R148 500; en die 1.8 Sport R173 500.

Die 1.8 Base is vroeg volgende jaar beskikbaar. Die Utility het ’n vyf jaar/ 120 000 km-waarborg met padbystand. ’n Opsionele versieningsplan is beskikbaar; dit word elke 15 000 km of 12 maande vereis.

Kyk nou net die oulike “spoilertjie” op die sportmoedel se dak.


Die Chevrolet Utility … Dit sal seker ’n rukkie neem om gewoond te raak aan die vooraansig, meen ons.  Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.