Evos-konsep vind weg na Fusion
2012-01-12 06:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Ford het sy nuwe Fusion op die Detroit-skou gewys en dié middelgrootte sedan sal ook die basis van die volgende geslag Mondeo in Europa vorm.
Ongelukkig het Ford besluit om nie die jongste generasie Mondeo na Suid-Afrika te bring nie en ’n mens kan maar net hoop die groter Fusion/Mondeo sal die een of ander tyd wel weer in die land beskikbaar wees.
Die nuwe Fusion sal met ’n keuse van drie enjins, almal viersilinders, beskikbaar wees en ook as ’n inprop-hibriedmodel.
En wie sê vreemde konsepte kry nie ook lewe nie? Onthou die Ford Evos-konsepmodel?
Wel, die nuwe Fusion het baie van die Evos se karaktertrekke wat wys dat konsepmotors nie sommer as ’n verbeeldingsvlug afgemaak moet word nie.
Binne is die instrumentasie glo tipies Europees met die inligting- skerm in die middel, maar dis glo minder “besig” as ’n kar soos die Ford Fiesta s’n.

Die nuwe Ford Fusion. Gaan die nuwe Mondeo presies só lyk?

Die lang, smal lighulse laat die Fusion plat en sportief voorkom.