‘Eenvoudige’ rede vir Kia se groot sukses

2011-12-01 08:47

Kia se nuwe Rio?… ’n Klein sedan wat jou aan ’n vorige model Polo laat dink, maar hy lyk danksy die ontwerper Peter Schreyer heelwat sportiewer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Koreane ken van hard werk en hul litte roer. Daarom weet hulle ook hoe om te verras.

Ons het verlede week in Seoel met Kia se Rio-sedan kennis gemaak, maar dis nie waaroor hierdie storie gaan nie. Dit het eerder te doen met hoe hulle dit reggekry het om van nêrens te kom, karkopers wêreldwyd te verras en mededingers te skok.

Die Rio-sedan is nie ’n verrassing nie, gegewe die feit dat al so baie oor die luikrug geskryf en gewys is en omdat hy baie na die Cerato trek.

Jy moet eerder die groter prentjie, die Suid-Koreaanse psige, sien om die ware verrassing te sien. Want dié ouens, wat nog onlangs ander gena-aap het om die wêreldmotorreuse te beïndruk, is nou ook ’n reus – en die ander reuse se knieë bewe.

Nie sleg vir ’n land met dieselfde bevolking as Suid-Afrika nie, maar met net ’n 12de van sy oppervlak. Nie sleg vir ’n maatskappy wat in 1944 begin het om fietsonderdele en staalpype met die hand te maak en eers in 1974 sy eerste kar (die eenliter-Brisa) van die produksielyn afgestoot het nie.

Ons weet nou dat die wêreldgeldkrisis van 2008 ’n bedekte seën was vir maatskappye wat subkompakte motortjies vervaardig. Maar Kia het met sy rekordverkope in 2009 en verlede jaar, toe hy die 2 miljoen per jaar-kerf verpletter het, gewys dit was geen gelukskoot nie.

Die vraag is steeds: Hoe het hulle dit reggekry om ná Kia se bankrotskap en samesmelting met Hyundai 13 jaar gelede alle verwagtinge te oortref?

Mnr. Tae Hjoen Oh, wat as senior vise-president en hoof van internasionale sake in Kia se uitvoerende bestuur dien, het by die Rio-sedan se gala-geleentheid in Seoel langs Motors24 se verteenwoordiger gesit en so tussen die happe vertel: “Ons het die afgelope tien jaar op drie steunpilare gefokus: goeie produkte, goeie bemarking en goeie handelaarsnetwerke.

“Maar in 2006 het ons besef iets spesiaals is nodig. Ons het ’n top-ontwerper (Peter Schreyer) genader om ons te help om ons ware kleure te wys – die nuwe gesig van Kia: die tier.”

Motors24 het juis in 2005 ná ’n besoek aan Suid-Korea opgemerk Kia slaan ’n nuwe rigting in.

Sy nuwegeslag-passasiersmotors lyk danksy Schreyer, wat ook bekend is vir sy Volkswagens en Audi’s, so sportief dat mens nou kan lag oor Kia se eerste sportmotorpoging – 1996 se Elan met sy 1,8 liter-enjin wat darem 220?km/h kon haal.

Of die Pony, wat eintlik maar ’n Datsun Pulsar was.

Maar niemand lag meer nie; nie eens oor die Suid-Koreane se planne om die topvervaardiger van hibriedkarre te word nie. “Ons sal eers op Amerika en Europa konsentreer,” het Oh gesê.

“Dis nie soseer om ons totale verkope op te stoot nie; eerder om te wys ons hét die tegnologie.”

Die laaste woord het my herinner aan ’n rit vroeër die dag op Seoel se moltreine om by die KTX uit te kom. Mens kry mos nie aldag kans om teen 301 km/h trein te ry nie. Toe my horlosie se sekondewyser op die 12 kliek, was hy uit die blokke. Op tyd. Hy moes oor ’n halfuur by sy eerste stasie stop, ver van Seoel.

Die sneltrein het deurgaans van spoed verwissel en toe stop hy – 9 sekondes laat. Dís tegnologie.

Maar wag, terug by Kia se dinge. Op ons besoek aan die toets-en-ontwikkelingsentrum van Namjang, waar 500 konvensionele voertuie van Hyundai-Kia se mededingers toegesluit in ’n parkeerterrein staan, het ons ’n kilometer of twee in ysige reën met die Optima-hibried gery. Ons was so beïndruk met sy geruisloosheid as wat ons verbaas was dat sy petrolenjin van 2,4 liter nie afgeskaal is nie.

Wat Kia se snelgroeiende reeks passasiersmodelle betref, wou ons weet of die tekort aan voorraad in sekere markte Kia nie ontstel nie. “Dis ’n kwessie van gehalte versus beskikbaarheid. Ons wil ook eers ons beeld as ’n goeie, betroubare fabrikaat vestig voordat ons uitbrei na dinge soos motorsport op ’n hoë vlak.”

Konserwatief? Nee, want dis juis die Koreane se gebrek daaraan wat die Duitsers slapelose nagte besorg.

Volkswagen, het Oh gesê, is Kia se hoofteiken.

En dit het niks met Suid-Korea se mark te doen nie, want net ’n rooi kar (amper almal is wit, swart of silwer) is skaarser as ’n Volkswagen in Seoel.

Onder die Suid-Koreane is dit wragtig ’n geval van local is lekker. Amper elke tweede of derde voertuig kom uit die Hyundai-Kia-stal; eersgenoemde verreweg die meeste. Hulle is so volop in Seoel soos groen tee in drankies én disse en koolblare op jou tafel. Hulle is so algemeen soos die vanne Kim, Lee en Park, waarmee die helfte Suid-Koreane sit.

Van name gepraat: Kia beteken “om uit Asië te verrys” of, in Persies, “koning” of “beskermer”.

In Suid-Korea is baie karre se naam glo daarvan afgelei, maar ek weet nie so mooi nie van die Kia Picanto, wat daar as die Morning bekend staan.

As hy VW teiken, sal Kia sy gehalte en pryse moet verhoog. En dit, dames en here, sal ’n gaping laat vir die Chinese. Onthou, wat nou van die Chinese gesê word, is nie lank gelede nie van Koreaanse produkte gesê. Terloops, anders as die Chinese verkies die Suid-Koreane om met metaal-stokkies te eet.

Oh het sy skouers opgehaal en gesê: “China is nog so ses, sewe jaar agter ons. Maar dis belangrik om nederig te bly. Solank ons net besluite neem?… ek haat dit as niks besluit word nie.”
Suid-Koreane praat van hul land as die “Wonderwerk langs die Hanriver”.

Dit kom waarskynlik van wat ’n Noord-Koreaanse oorlogsveteraan gesê het toe hy dekades ná die oorlog van 1950-’53 op ’n gedenkheuwel in die Eerstewêreldse Seoel gestaan en gesê het: “Dis ’n wonderwerk!”

Dit het mens laat dink aan wat Oh gesê het oor Kia se vermoë om te kan verras. “Alles het te doen met die mense. Ná die oorlog het Suid-Korea besluit om sterk in opvoeding en onderrig te belê.

“Ons het nie ru-materiaal gehad nie; ons het dit ingevoer, verwerk en uitgevoer. Ons het danksy goeie opvoeding gegroei.”

Tog, die mense trek al gesig vir die hele affêre van “pali-pali!”, want ’n “komaan-maak-gou!”-lewe is harde werk.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.