Die nuwe baba-Prius

2011-12-08 08:05

Met die Tokio-motorskou se wiele wat tans aan die rol is, is dit Toyota se nuwe Prius C wat heelwat aandag ontlok.

Die Prius C, of Aqua, soos dit in Japan heet, is beslis die mooiste Prius tot nog toe en is ’n kleiner weergawe van die groter Prius wat ook in Suid-Afrika beskikbaar is.

Toyota sê die nuweling is tegnies in staat om tot soveel as 35 km ver te kan ry vir elke een liter petrol wat gebruik word danksy die hulp van die elektriese motor.

Die nuwe Prius C behou sy kernwaardes van ’n ruim bagasiebak en sitplek vir vyf volwassenes om daarvan ’n volwaardige gesinsryding te maak net soos sy groter ouboet.

Aandrywing kom in die model van ’n 1500-enjin en ’n nuwe hibriedstelsel wat sodanig verpak is om beter hanteringseienskappe aan die wa te gee omdat die swaartepunt nou laer is.

Die enjin en elektriese motor sal ook in die komende Yaris-hibried ingespan word.

Toyota Suid-Afrika kyk tans daarna om die Prius-reeks plaaslik uit te brei, maar dit sal waarskynlik nie op korter termyn geskied nie.

  • ’n Interessante konsep in die Toyota-stal is die FCV-R (Fuel Cell Vehicle – Reality & Revolution). Die wa is 4.7 meter lank en maak gebruik van waterstof vir aandrywing.

Toyota reken dat ’n waterstof-aangedrewe voertuig uit sy stal teen 2015 gereed sal wees.

Die brandstofsel is aan die onderkant van die spesiaal ontwerpte bakwerk aangebring en vier mense met bagasie kan hulle in die FCV-R tuismaak. Die model se reikafstand is ongeveer 700 km.


Toyota se waterstofaangedrewe FCV-R-konsep.  Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.