3-reeks kry nuwe enjin, ‘kas

2010-07-29 14:06

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

M?ooier het pas nog ’n raps mooier (én beter) geword. BWW het sy koepee en kabriolet van die 3-reeks opgeknap en van ’n nuwe enjin met ’n nuwe ratkas voorsien.

Die nuwe enjin (maar nie die nuwe ratkas nie) sal ook in die sedan- en stasiewareeks (Touring) te kry wees.

Net die BMW Z4 335i SDrive iS sal die ou enjin behou wat spesiaal vir die spesifieke model aangepas is om 250 kW uit te skop teen- ooor die ou standaardenjin en die nuwe enjin se 225 kW.

Die M-Sportpakket vir die koepee en kabriolet bied nou ook ’n keuse tussen twee verskillende tipes 19 duim-vellings.
Die koepee en kabriolet in die BMW-stal, wat die voorste verkoper vir dié klas voertuie in Suid-Afrika is, se buitekant is subtiel verander.

Die Beemers verkoop steeds beter as Audi se A5- en Mercedes-Benz se E-koepee-reekse.
’n Nuwe buffer, lighulse en niertjierooster voor en ’n nuwe buffer en lighulse agter, is basies wat van sy voorganger verskil.

Daar is ’n opsionele ligtepakket met LED-diode-liggies vir voor beskikbaar.

Die veranderings is gering en jy sal regtig mooi moet kyk om die verskille tussen die ou en nuwe raak te sien.
Binne is die grootste verandering die ratwisselspane aan die stuurwiel waarvan die linker- een nou net vir afrat en die regter-een vir oprat is. BMW sê die verandering is vanweë talle versoeke van eienaars aangebring.

Tog is die spane steeds te ver van die kant van die stuurwiel geplaas en jy moet jou vingers rek om dit met oortuiging by te kom.

Die groot nuus is egter onder die enjinkap waar BMW se pryswenner-enjin, die 3-liter-inlyn-sessilinder met twee turbo-aanjaers drasties verander is.

Die enjin met sy seepgladde werkverrigting van lae toere af het destyds van oral lof gekry en daar is selfs diegene wat gereken het dit is in geheel ’n beter kopie as die M3.

Nou het BMW een van die turbo’s verwyder en die eerste gedagte is dat dinge nie so soomloos, glad en vinnig kan wees nie.
Maar die Duitsers word nie verniet as baie slim beskou nie.

Deur net een nuwe (en groter) turbo in te span, het BMW dieselfde kraglewering en verrigting as die tweeturbo-enjin gekry, boonop met die maksimum hoeveelheid wringkrag teen nog laer toere beskikbaar, juis een van die ou enjin se sterk punte.

Die doel van die oefening was nie net om dít te bereik nie, maar petrolverbruik daal met 4,7% en die uitlaatgassyfer is 7% minder.

Die enjin met twee aanjaers het 225 kW teen 5 800 r/min. gelewer en maksimum wringkrag was 400 Nm teen 1 300 r/min.
Met die nuwe enjin met een aanjaer bly die syfers dieselfde, buiten vir die maksimum wringkrag wat teen ’n 100 r/min. minder teen 1 200 omwentelinge gelewer word.

Die enjin is ook nie skaam om moeiteloos tot 7 000 r/min. te toer nie

Die ander groot nuus is die dubbelkoppelaarratkas, sonder ’n pedaal (dink DSG) wat soortgelyk aan die M3 s’n is en vir supervinnige en -gladde oorskakelings verantwoordelik is.

Die enjin sal net in die 335i-modelle van die koepee en kabriolet beskikbaar wees met die gewone outomatiese ratkas, ook met ses gange, vir die mindere modelle in die reeks. Handratkaste met ses gange is regdeur die reeks beskikbaar.

Op die minder aangename beskendstellingsroete in Kwazulu-Natal het die enjin en ratkas se vinnige reaksie met die konstante verbysteek van stadiger verkeer beïndruk. Soms was daar ’n effense brutaliteit in die afratproses wat nie vreemd aan dié tipe ratkaste is nie.

Vir die res het die voertuie glad nie teleur gestel nie en hulle bly kopdraaiers van formaat.

’n Geringe opknapping gaan ook met ’n geringe prysaanpassing gepaard soos verwag kan word en die opgeknapte reeks is sowawt 1% duurder.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.