2010-07-22 08:21
Dis presies halfpad deur die tydren-seisoen en sake op die punteleer is op ’n vonkprop se skerpkant vir die jaers én die spanne gebalanseer.
2010-07-22 08:21
Dit was nou werklik ’n droomresultaat vir Kallie en Quintin Sullwald toe hulle die wenvlag gevat het in die afdeling vir spesiale voertuie in die naweek se Sun City 400-veldren.
2010-07-22 08:21
Dié Japanse waentjie is wel die vaandeldraer, maar daar is vandag heelwat hibriedvoertuie in Suid- Afrika te kry en nog ’n paar sal binne die volgende jaar hul opwagting hier maak.
2010-07-22 08:21
Die Citi Golf is toe genadig ná sy negende lewe finaal die doodskoot gegee. Maar daar is ’n klompie ander wat nou hul tweede lewe tegemoet gaan.
2010-07-22 08:21
Sy naam is SLS AMG. Hy’s ’n vuurwarme tweesitplek-sportmotor met vleueldeure, nes die legendariese 300SL van die ’50’s.
2010-07-22 08:21
Kieskeurige kopers byt maar altyd langtand aan groot Franse weeldewaens. Peugeot se 607 en Renault se Vel Satis is seker genoegsame bewys daarvan.
2010-07-15 08:40
Die “Roomse keiser” het die naweek sy greep op vanjaar se Wêreldsupermotorfiets (SBK)-titel verstewig met ’n indrukwekkende sege en ’n tweede plek in die twee SBK-renne op die Brno-renbaan in die Tsjeggiese Republiek.
2010-07-15 08:40
Die Red Bull-span is klaarblyklik nie in staat om uit foute van die verlede te leer nie en dit gaan hom hierdie seisoen nog een of albei titels kos.
2010-07-15 08:40
Die Suid-Afrikaanse mark vir nuwe voertuie het verlede maand nog ’n sterk verkoopsmaand aangeteken met 39 176 voertuie wat verkoop is.
2010-07-15 08:40
Soos ’n glimlag op ’n Sweed se gesig het Volvo pas vir nog ’n verrassing gesorg. Kort op die hakke van sy nuwegenerasie-S60 gaan hy nou ook ’n V60-stasiewa op die mark loslaat.
2010-07-15 08:40
Volkswagen se nuwe Jetta het amptelik gesig gewys in Times Square, New York, in die VSA, die land waar die meeste Jettas verkoop word.
2010-07-08 08:10
Citroën se funky klein DS3, wat pas in Suid-Afrika bekend gestel is, gaan einde vanjaar ook sy buiging as tydrenmotor in die FIA se nuwe Groep R3T-klas maak.
2010-07-08 08:10
Suzuki se spesiaal geboude SX4 het die naweek die Pikes Peak-heuwelklimren naby Colorado Springs, in die Amerikaanse deelstaat Colorado, gemaklik gewen.
2010-07-08 08:10
Hierdie naweek is McLaren se beste kans om met Red Bull gelyk te kan trek wanneer hy sy jongste opgradering van die MP4-25 vir die Britse Grand Prix in gebruik neem.
2010-07-08 08:10
Lexus het pas bekend gemaak dat hy bewus is van ’n enjinfout in van sy GS- en LS-modelle wat moontlik later tot ’n terugroep-aksie kan lei.
2010-06-24 08:12
Die terugkeer van die MotoGP-skouspel na die Britse Silverstone-renbaan ná 24 jaar was nie net vol nostalgie nie, maar ook verrassings.
2010-06-24 08:12
Daar’s niks so frustrerend as om ’n mooi, goeie en luukse kar te bestuur met ’n dooierige enjin nie – en dan het hy jou boonop duskant ’n plaas se prys gekos.
2010-06-24 08:12
BMW Motorrad volg nog altyd sy eie kop. Sy motorfietse is gemik op nismarkte en het hul eie, unieke stilering. Tot nou.
2010-06-24 08:12
“Die Panamera gee Porsche se motorafdeling ’n goeie hupstoot. Dié motor het alle verwagtinge oortref.”
2010-06-17 08:42
Sondag se Kanadese Grand Prix sal beslis in die annale opgeteken word as een van die klassiekes: vyf verskillende voorlopers, talle suksesvolle verbysteke, ’n hele paar (onskadelike) botsings.
2010-06-17 08:42
Daar was ’n paar rooi gesigte aan die tuisfront die afgelope naweek in die Le Mans 24?uur-uithouren toe die Franse in ’n soveelste Duitse Blitzkrieg onder die vaandel van ’n groep Audi’s in die LMP1-klas die onderspit moes delf.
2010-06-17 08:42
Hier is nou net die ideale kampvoertuig vir Afrika.
Mercedes-Benz het pas sy nuwe Unimog-kampeerwa gewys. Dit is ongelukkig nog nie in Suid-Afrika te kry nie.
2010-06-17 08:42
Die bandvervaardiger Bridgestone het gewaarsku dat bulte op ’n band se sywand ’n teken van ernstige skade is en so ’n band loop die gevaar om skielik te bars of pap te word.
2010-06-17 08:42
Niks is meer frustrerend met ’n outomatiese dieselvoertuig as turbo-traagheid nie. As daardie voertuig nog ’n groot 4x4 is wat by die drie ton weeg, soveel te meer.
2010-06-10 08:21
Aston Martin se eerste produksie-vierdeur-sportmotor, die Rapide, is pas in Suid-Afrika bekend gestel.
2010-06-10 08:21
Dit het ’n yslike gespook afgegee, maar Hennie Groenewald het die naweek op Kyalami sy reputasie as ’n gesoute jaer gestand gedoen.
2010-06-10 08:21
Volkswagen se nuwe Cross Polo het pas sy plaaslike opwagting gemaak en word boonop in Suid-Afrika gebou vanwaar dit ook oor die wêreld heen uitgevoer word.
2010-06-10 08:21
’n Ongeluk deur die kampioen, Valentino Rossi (Yamaha), Saterdag tydens kwalifisering vir die Italiaanse MotoGP het onverwags die seisoen wawyd oop gegooi.
2010-06-10 08:21
As ’n mens daardie geykte uitdrukking mag gebruik: Nissan se bes bewaarde geheim is sy Qashqai, selfs al verkoop dié wa soos die spreekwoordelike soetkoekies.
2010-06-02 22:09
Daar is min ikone van die Britse motorbedryf wat oorleef het.
Mini en Jaguar is omtrent al van die meer gewone rygoed met Rolls-Royce en Bentley aan die ander kant van die spektrum.
2010-06-02 22:09
Hoe rooier, hoe mooier. Dit was beslis die geval met ons Volvo XC60 R-Design-toetsmotor, wat behoorlik die aandag getrek het.
2010-06-02 22:09
Kyalami was ’n minder suksesvolle jagterrein vir Aprilia se Max Biaggi, maar Maandag in die VSA het sy jagtog op die supermotorfiets-kroon nuwe momentum opgetel.
2010-06-02 22:09
Daar’s nog ’n hele paar maande wat jy vir hom sal moet wag, maar hier’s solank ’n voorsmaak van wat op pad is as jou vingers solank jeuk vir ’n nuwe 4x4.
2010-06-02 22:09
Tesla-motors en die Toyota-motorkorporasie (TMK) het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms geteken vir die ontwikkeling van elektriese voertuie (EV) en meegaande onderdele.
2010-06-02 22:09
Kort op die hakke van die opgradering van sy gewilde Navara-bakkie het Nissan nou ook dié breker se frisser 2.5 liter- turbodieselenjin in sy groot Pathfinder se neus geplant.
2010-05-27 08:25
Die stryd tussen die twee het tot in die tiende rondte aangehou waarna Lorenzo die verte in geseil het en uiteindelik met 5.762 sekondes voor Rossi oor die wenstreep is.
2010-05-27 08:25
Red Bull Racing se Mark Webber takel hierdie naweek se Turkse Grand Prix as die gunsteling om te wen ná sy twee agtereenvolgende oorwinnings begin vandeesmaand.
2010-05-27 08:25
My ou maat, maar dis mos nou ’n droomkar dié. Ja, wie sal nou nie waardering vir ’n Mercedes-Benz E500-kabriolet hê nie?
2010-05-27 08:25
Weg is die “vlam-teksture” van vanmelewe. Wat jy nou voor jou sien, is gladde, gemaklike lyne wat van neus tot agterstewe proporsioneel perfek werk.
2010-05-20 09:24
’n Mens sou seker die ouer Porsche-puriste ’n oomblikkie kon gun om aan hul spaetzle te stik as hulle dink hoe hul wêreld sedert 2002 verander het toe die eerste Porsche Cayenne sy buiging gemaak het.
2010-05-20 09:24
As vinnig nie haastig genoeg is vir jou nie en eksklusief is jou tweede naam, kan jy solank jou rekenaarmuis laat dubbelkliek na Audi se webwerf.
2010-05-20 09:24
Nissan het sy gewilde Navara-reeks halfpad deur sy modelleeftyd van ’n opkikkering voorsien, maar sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om ’n nuwe, luukse weergawe by te voeg.
2010-05-20 09:24
’n Lastige boom in die pad?van die kampioen Sebastien Loeb het verlede naweek net die nodige gaping aan die Fin Jari-Matti Latvala gelaat om sy neus eerste oor die wenstreep te druk in die Nieu-Seelandse tydren.
2010-05-20 09:24
Daar is vandag sportnutsvoertuie te kies en te keur op plaaslike bodem.
En teen dié tyd weet ons die aanvanklike sportnutskonsep wat dalk onwerkbaar gelyk het, is ’n groot sukses.
2010-05-13 08:48
Soos Red Bull Racing en Sebastian Vettel, sy sterjaer, tekere gaan, maak hulle dit vir hulself baie moeilik om die jaers- en vervaardigerstitels na te jaag.
2010-07-22 08:21
Marsh en Carolin in hul Nissan Navara het die tweede private span geword wat dié seisoen ’n byeenkoms wen.
2010-07-22 08:21
Dit lyk beslis of dit Spanje se jaar op die sportveld is. Ons praat nie net van die sokker en tennis nie, maar op die wêreld se renbane veg Spaanse motorfietsryers verwoed.
2010-07-22 08:21
Elk van die vyf wat nog ’n realistiese kans op die jaerstitel het, sal dus algaande, soos die einde van die seisoen nader kom, al hoe meer vir sy eie hoek veg, eerder as dié van sy span.
2010-07-22 08:21
Rolls-Royce het pas aangekondig dat ’n sterk voortgesette vraag na al sy motormodelle tot rekordproduksiegetalle vir die maatskappy gelei het.
2010-07-22 08:21
Mens moet ver gaan soek na vergelykings om die krag van Audi se V12 TDI Q7, wat ons onlangs uiteindelik onder hande gehad het, te beskryf.
2010-07-15 08:40
In Oktober is hy hier. En ná ’n kort onlangse rit op nou, plattelandse, Duitse paaie, kan ons nie wag om hom deur een van ons plaaslike bergpasse te druk nie.
2010-07-15 08:40
Hoe het tye nie verander nie. Die dae van stadige Volkswagen-bussies vol hippies wat aaptwak rook, is lank reeds verby.
2010-07-15 08:40
Die private span van Chris Visser en Japie Badenhorst sal mik om hul voorsprong in die produksievoertuigkampioenskap tydens die Sun City 400, die vierde ronde van die Absa-veldrenkampioenskap, te vergroot.
2010-07-15 08:40
Die allerlaaste eenheid van Chrysler se winsgewendste kleinmotor tot nog toe, die PT Cruiser, het verlede Vrydag van die Toluca-monteerbaan in Mexiko gerol.
2010-07-15 08:40
Toyota Suid-Afrika en Agri SA het weer eens kragte saamgesnoer vir die Jong Boer van die Jaar-kompetisie.
2010-07-08 08:10
Hoeveel is jy bereid om vir ’n subkompakte motortjie te betaal? Een wat hier by die 4 m lank is, en waarskynlik korter?
2010-07-08 08:10
Noem dit die tuisveldvoordeel, maar toe die Spanjaard Jorge Lorenzo Sondag in Barcelona op sy Yamaha klim, was daar net een uitslag in die paella-borde te voorspel.
2010-07-08 08:10
Die Britse motorfees, wat elke jaar in die somer op die gelyknamige landgoed van lord March gehou word, was weer eens die geleentheid om ’n wye verskeidenheid motors te sien.
2010-07-08 08:10
Presies halfpad deur die seisoen mik die WRC-sirkus dié naweek na die nuutste toevoeging tot die wêreldtydren-kalender: die Bulgaarse tydren.
2010-07-08 08:10
Slegs voorwielaandrywing en net twee deure – jip, die Range Rover van die toekoms is veel meer as net ’n vet V8 en ’n hotel-op-safari-gevoel.
2010-06-24 08:12
Onthou ook dat die Mito met sy driedeur-bakwerk en eiesoortige stilering ’n sekere sportiewe karakter, ’n bietjie eksklusiwiteit en meer as ’n bietjie individualiteit uitstraal.
2010-06-24 08:12
Veel word nie van die naweek se Europese Grand Prix in die strate om die hawe van dié Mediterreense stad verwag nie.
2010-06-24 08:12
Die Amarok is hier, en hoewel dit eers teen Oktober in die handel beskikbaar sal wees, wys Volkswagen dit op die oomblik wyd en syd om belangstelling te prikkel.
2010-06-24 08:12
Vrystaters het uitstekend gevaar in die naweek se Lesotho Off-Road Spectacular, die vierde ronde van die nasionale motorfiets- en vierwielmotorfietskampioenskap.
2010-06-17 08:42
Audi se A5-reeks het?waarskynlik die Ingolstadters se stoutste verwagtings oortref.
Dié nis-modelreeks het nou soveel modelle en die vraag is glo wêreldwyd nog baie sterk.
2010-06-17 08:42
Met al die sokkeraksie in Suid-Afrika verskuif die nasionale veldmotorfietskampioenskap dié naweek na ’n ysige Lesotho vir die vierde ronde van die kampioenskap.
2010-06-17 08:42
Lexus se supermotor, die LFA, sal van Oktober in Japan gebou word. Dis die goeie nuus.
Die slegte nuus is dat Lexus oor ’n tydperk van twee jaar net 500 LFA’s gaan bou.
2010-06-17 08:42
Aston Martin se eerste produksie-vierdeur-sportmotor, die Rapide, is pas in Suid-Afrika bekend gestel.
2010-06-10 08:21
Lexus se supermotor, die LFA, sal van Oktober in Japan gebou word. Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is dat Lexus oor ’n tydperk van twee jaar net 500 LFA’s gaan bou.
2010-06-10 08:21
Die Bataafse vlag het die naweek spreekwoordelik op Kyalami gewapper toe die Kaapse kêrel Lance Isaacs op sy witwarm Honda twee seges in die superfietsrenne ingeryg het.
2010-06-10 08:21
Die A5-koepee is steeds een van die treffers in die Audi-stal wat voorkoms betref waar ander nuwe Audi’s soos die A4-reeks maar vaal voorkom.
2010-06-10 08:21
Die situasie by Red Bull het gesprekke in F1-kringe só oorheers dat ’n ewe plofbare situasie tydens dieselfde ren tussen die twee McLaren-jaers byna heeltemal oor die hoof gesien is.
2010-06-10 08:21
Die Vrystaat het twee nuwe Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer in die die laaste ronde van die SA’s wat die naweek in Bloemfontein plaas gevind het.
2010-06-02 22:09
Dit gons steeds in F1-kringe oor die botsing tussen Sebastian Vettel en Mark Webber wat die Red Bull-span Sondag van ’n byna sekere een-twee uitslag in Turkye ontneem het.
2010-06-02 22:09
Die Fransman en WRC-kampioen Sebastien Loeb (Citroën) het ’n nuwe uitdager om sy kroon – nie net te oordeel na die punteleer nie, maar ook na die naweek se vertoning van sy spanmaats.
2010-06-02 22:09
Johnny Gemmell in sy Toyota Auris S2000 het die naweek die Suid-Afrikaanse tydren, die vierde ronde in die nasionale tydrenreeks, met minder as ’n vonkprop-gaping voor sy groot teenstander, Jannie Habig (VW Polo), weggeraap.
2010-06-02 22:09
Saterdag lei alle paaie na die ovaalbaan in Bloemfontein waar die laaste been van die Suid-Afrikaanse grondbaankampioenskap plaasvind.
2010-06-02 22:09
Die druk wat die “groen” beweging op vervaardigers plaas – veral in Europa – is besig om sy stempel oral af te druk.
2010-06-02 22:09
Praat van ’n manhaftige kleinding. Dis Suzuki se Jimny, wat vanjaar al vier dekades met ons is.
Jimnys verouder soos goeie wyn.
2010-05-24 01:35
’n Werklose man van Welkom het sy eie elektries aangedrewe bakkie gebou en hoef nou nie soveel aan duur brandstof op te dok nie.
2010-05-27 08:25
Praat van ’n manhaftige kleinding. Dis Suzuki se Jimny waarvan ons praat wat vanjaar al vier dekades met ons is.
2010-05-27 08:25
Sommiges het gedink stasiewaens sou soos die dinosourus verdwyn met die koms van veeldoelers en sportnutse en hier en daar nog ’n nis tussenin.
2010-05-27 08:25
Land Rover het pas gesê hy gaan volgende jaar die eerste keer in sy geskiedenis ’n voorwielaangedrewe voertuig op die mark sit.
2010-05-27 08:25
Lexus se IS-F spog met ’n paar groot syfers, van enjinkapasiteit deur verrigting tot by prys. Laasgenoemde draai bokant ’n driekwart-miljoen. En ja, dis baie geld.
2010-05-20 09:24
Toyota het pas ’n stewige sarsie grofgeskut ?in Land Rover se rigting afgevuur met die ?bekendstelling van nog twee Prado-modelle.
2010-05-20 09:24
Die mark vir bekostigbare rygoed het pas nog ’n linkerhaakhou frisser geword toe Fiat sy sub-R100 000-buks van ’n Punto 1.2 Active bekend gestel het.
2010-05-20 09:24
Die naweek se Wêreldsupermotorfiets-stryd op Kyalami was maar ’n teleur?stelling vir Aprilia se groot hoop Max Biaggi.
2010-05-20 09:24
Saterdag lei alle paaie na die ?Phakisa-renbaan in die ?Vrystaat vir nog ’n ronde in die 2010 ProTour-renreeks.
Dan takel Porsches, Ferrari’s en Lotusse mekaar in die Altech-renne.
2010-05-20 09:24
Dit het nie lank geneem – die sesde wedren in sy terugkeerseisoen van 19 – vir Michael Schumacher om in ’n omstrede voorval betrokke te raak nie.