SA baanbreker met kode

2010-06-25 11:35

GARIEPDAM. – Baanbrekerswerk word in Suid-Afrika verrig met die opstel van ’n internasionale kode van beste praktyk vir die kleinveebedryf waarvolgens natuurlike vesel geproduseer kan word.

Só is boere op die kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) hier ingelig.

Die oogmerk hiermee is om veral die bewaringsbewuste groeperinge én die verbruiker in te lig dat die wol, bokhaar en vleis wat hy koop, ingevolge ekonomiese en ekovriendelike standaarde geproduseer is.

Dit volg nadat die plaaslike wolbedryf reeds ’n soortgelyke strategie opgestel en sy lede dit onderskryf het.

Mnr. Harry Prinsloo, ondervoorsitter van die NWKV, het in Mei die beginsels dat die Suid-Afrikaanse skaapboer volgens ’n kode van beste pryktyk wol en vleis met liefde en toewyding produseer, aan die Internasionale Wol- en Tekstiel-organisasie (IWTO) in Frankryk voorgehou.

In sy voordrag voor ’n dierewelsynskomitee van die IWTO, onder voorsitterskap van die NWKV-voorsitter, Petrus de Wet, het Prinsloo gesê dit is belangrik dat plaaslike wolboere besef hulle maak deel van ’n wêreldgemeenskap uit.

“Ons voer 98% van ons wol uit en sal aan sekere internasionale standaarde moet voldoen. Ons voldoen eintlik reeds daaraan, maar dit is van belang om ten volle die vereistes vir organiese en ekovriendelike produksie te onderskryf om uit die terugswaai na natuurlike vesel voordeel te trek,” het dié wolboer van Smithfield gesê.

Die eerste Witskrif van die dokument moet voor 12 November vanjaar ingedien word vir bespreking tydens die tussentydse vergadering van die IWTO in Italië, waarna die Federasie van Landbou-organisasies (FAO) en die Europese Unie (EU) kommentaar kan lewer.

Die insette van Australië en ander wolproduserende lande word ook in die Witskrif verwerk.

Prinsloo sê dit is frustrerend dat die bewaringsbewustes nie die bona fides van die Suid-Afrikaanse produsent aanvaar dat hy net optree in die belang van sy diere, hulle beskerm teen diere wat skade veroorsaak en hulle onder die bes moontlike toestande aanhou nie.

“Hulle wil ons die hele tyd onder druk plaas oor praktyke soos die onthoring van beeste, kastrering en ook sterte afsny van skape, wat vir die boer wat betref sy roetine-bedrywighede op die plaas ’n wesenlike probleem skep.”

Wat die kleinveeboer die bewaringsbewustes aan die verstand wil bring, is dat roofdiere ’n geweldig negatiewe uitwerking op die wol- en vleisproduksie het, wat voorts die ekonomie verder benadeel.

Die aanvaarding van die kode deur die EU, die FAO en die Wêreld-organisasie vir die beskerming van diere (World Protection of Animals) kan meebring dat produsente meer leefruimte in hul plaaspraktyke gegun sal word.

Die mules-prosedure waarvolgens van die velvoue van Australiese skape ontslae geraak word, is op dié tydstip een van die brandpunte wêreldwyd.

Prinsloo sê die plaaslike bedryf kan homself gelukkig ag dat dié praktyk nie hier toegepas word nie.

Hy sê die fokus van die bewaringsorganisasie begin verskuif na die afsit van sterte en kastrering van skape en die onthoring van beeste.

“Dit is praktyke wat hier te lande plaasvind en ons sal binne die kode van beste praktyk moet aandui hoe dié prosesse bevredigend uitgevoer word.

Ná evaluering sal produsente hul praktyke moet aanpas.”

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 12-27°C A few showers. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 10-25°C A few showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 10-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool. PE: 14-19°C Showers late. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr Tiptronic
2009
R 189,989.00

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09 8-sp Multitronic
2010
R 329,995.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2007
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WALMER

House R 6 200 000

BLUEWATER BAY

House R 4 999 000

FISH HOEK

House R 8 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Women Food and God

Was R170.00 Now R144.50

Soos op Oprah gesien. Kry Geneen Roth se meesterstuk vandag nog.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...