Reuse-belegging maak van Homsek ’n suiwelleier

2010-03-03 14:08

’n Reuse-Belegging van R180 miljoen in ’n suiwelaanleg op sy plaas buite Bloemfontein het van mnr. Anton Homsek ’n suiwel-leier in Sentraal-Suid-Afrika gemaak.

Homsek Suiwel het ’n unieke ooreenkoms met Woolworths en Nampak gesluit, waarvolgens die boer, kleinhandelaar en verpakker onder meer ’n wêreldklas-langlewe-suiwelproduk in die eerste, omgewingsvriendelike HDPE-plastiekbottels in Suid-Afrika gaan lewer.

Met hierdie deelgenootskap is Homsek nes sy twee deelgenote ’n hoofrolspeler én voeg hy waarde toe tot sy landbouproduk – ’n stap wat baie kundiges en politici sê boere sal móét doen om nie altyd aan die agterspeen te suig nie.

Homsek Suiwel, wat sy Ayrshire-kudde tot 2 000 koeie uitgebrei het, het hiermee ook nuwe hoop vir suiwelboere in die streek geskep wat gereeld ’n melkprys kry wat minder as insetkoste is. Hy koop reeds 100 000 liter melk per dag van 30 boere van Cradock tot Bethlehem in en voorspel die vraag gaan groei.

Dié suiwelboer, wat in 2001 begin het om Ayrshire-melk aan Woolworths te lewer, beplan nog beleggings om seker te maak hy deel in die room van sy produk en nie die middelman nie.

Twee koeihotels van 7 600 m² elk wat elkeen 500 koeie onderdak sal huisves, word reeds gebou. ’n Derde is reeds in die beplanningsfase, omdat 500 verse eersdaags kalf.

’n Nuwe melkportaal word in die vooruitsig gestel omdat die huidige outomatiese 32 punt-melkmasjien ’n plafon van 1 000 koeie in melk het.

Boonop gaan Nampak binne ses maande sy fabriek van Bloemfontein na die plaas Newlands, sowat 20 km buite die stad, verskuif. Dit gaan die projek se koolstofvoetspoor drasties verklein omdat die vragmotors, diesel en gifgasse om 150 000 bottels elke dag heen en weer te ry uitgeskakel gaan word.

Só word die plaas die middelpunt van die waardetoevoeging tot die produk en nie ’n onderneming in ’n stad nie. Homsek sê hy het juis die grond buite Bloemfontein gekies weens sy sentrale ligging omdat Gauteng 70% van sy mark uitmaak en die Kaap 30%.

Homsek Suiwel lewer met die aanleg van 6 000m² onder meer langlewe-produkte vir al Woolworths se winkels in Suid-Afrika en verskeie Afrika-lande. Daarby vervaardig hy ook vars, organiese suiwelprodukte soos melk, botter, jogurt en melkskommels. Die plastiekbottels is ’n eerste in Suid-Afrika.

Wat bymekaargekom het met hierdie verpakking, het binne die Woolworths-omgewing ten volle tot sy reg gekom en is die samewerking en bymekaarkom van die projek “legendaries en uniek binne wêreldkonteks – en is daar ’n redelike verbasing dat ’n mens binne ’n resessie regkry wat ons reggekry het,” sê Homsek.

Homsek Suiwel se arbeidsmag het van 10 tot 15 met die melkery tot 230 mense uitgebrei. Die meeste werkers is van plase in die omgewing. Hy glo vakante poste moet met plaaslike mense gevul word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.