Nampo een geleentheid wat produsente nie wil misloop

2010-05-03 15:49

Die Nampo-oesdag en die landbougemeenskap van Suid-Afrika neem vanjaar weer hul plek in om die wêreld van landbou van 18 tot 21 Mei ten toon te stel.

Met die 2010-tema, Sien die wêreld van landbou, as inspirasie, is die meer as 630 uitstallers gereed om die onderskeie fasette van kommersiële landbou aan te pak.

Meganisasie-uitstallers gaan voortbou op hul metode van virtuele demonstrasies – wat sedert verlede jaar by hul uitstalruimtes op Nampopark aangebied word.

“Die oesdag is daardie een geleentheid in die jaar wat produsente nie wil misloop nie, want dit is ’n een-tot-een-kontakgeleentheid én ’n samekoms van alle relevante partye betrokke in landbou,” het mnr. Jub Jubelius, voorsitter van die Nampo-oesdag, gesê.

Produsente kry die geleentheid om hul persoonlike wêreld van landbou te meet teen die jongste tegnologie en boerderykennis wat in die mark beskikbaar is. “Dít maak van die oesdag ’n uitsonderlike besigheidsgeleentheid vir enige produsent,” het hy bygevoeg.

Hy het ook genoem dat insetverskaffers wat in vorige jare nie uitgestal het nie, vanjaar heelhartig terug is omdat hulle opnuut die waarde van die oesdag besef.

Die groeiende belangstelling deur oorsese uitstallers verseker vanjaar ’n groot afvaardiging van Argentinië, sowat vyf Amerikaanse uitstallers en nuwe produkte vanuit Australië wat uitgestal word.

Wat die veevertoning betref, word ’n handvol nuwe veeras-uitstallers verwag wat nog nie voorheen op die oesdag uitgestal het nie.

Maar in die leefwêreld van die landbouer gaan dit nie net oor ysters, tegnologie en bemarking nie. Graan SA, wat die Nampo-oesdag aanbied, verskaf oudergewoonte ’n blik op die ontspanningskant van die lewe:

Die 4x4-hindernisbaan staan en dreun behoorlik in voorbereiding op ’n praktiese demonstrasie van produkte wat in die mark beskikbaar is. Die demonstrasies is elke dag om 11:00 en 15:00.

Die skoner geslag kan regskuif vir ’n inspirerende program. Dit word daagliks in die Sampi-saal aangebied, terwyl ’n modeparade elke oggend om 11:00 in die Fanie Ferreira-saal gehou word.

As ’n immergewilde deel van die oesdag word boere se wenplanne op die boerepatente-kompetisie uitgestal.

Graan SA se lede kwalifiseer vir gratis toegang en eksklusiewe parkeerplek. Lede word uitgenooi om by die Graan SA-ledelokaal te kom besoek aflê.

Kaartjieverkope

Kaartjies kan by die hekke gekoop word teen R60 per persoon (Dinsdag, Donderdag en Vrydag) en R70 per persoon (Woensdag). Besoekers kan van middel April vooraf kaartjies koop by uitgesoekte Engen-depots en Senwes Village-winkels.

Volledige inligting oor Nampo 2010 is te sien op die webwerf by: www.nampo.co.za.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.