Mielieprys se ineenstorting kan kongres oorheers

2010-03-03 14:08

Die krisis met die ineenstorting van die mielieprys kan Graan SA se kongres op 3 en 4 Maart op Nampopark buite Bothaville oorheers.

Mnr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, sê ’n strategie moet oor die mediumtermyn ontwikkel word om die graanbedryf te stabiliseer.

Die mielieprys het skielik die afgelope tyd met sowat R700/ton geval. Daarby sloer die regering nog oor of hy ’n koringtarief gaan instel.

Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye wat die kongres sal toespreek, sal dié vraag van die graanprodusente moet beantwoord: Wat kan nou daadwerklik van die regering verwag word?

Laubscher sê nog ’n vraag aan die minister is hoe die landbou toegelaat sal word om werklik ’n rol in landelike ontwikkeling te speel.

Oor die mielieprys het hy soos volg gesê: “Dit is inderdaad ’n groot krisis. Produsente met ’n groot oes kan nog ’n plan maak, maar hulle is oorwegend in die moeilikheid. Baie sit nog met voorraad van verlede jaar. Dit is wat ons ’n groen droogte kan noem.”

Hy sê die redes vir die ineenstorting van die prys is dat die mark die goeie oes verdiskonteer. Boere is klaarblyklik ook verplig om ou voorraad mielies in die mark te stort en dit is hoekom die mark in ’n daalfase is.

Die vraag na mielies behoort te groei, maar daar is nie werklik ’n verskuiwing in die mark nie. Uitvoer is ook nie goed nie.
Hy beskou dit as ’n “tipiese kopersmark”. Die eerste keer het die wêreldmark vir mielies meer as ’n miljard ton in voorraad. Daar is Suid-Afrika met sy mielie-oes van tussen 12 en 13?miljoen ton ’n klein speler.

Laubscher sê boere aanvaar dat hulle aan die aanbodkant vas is en nie veel hier gedoen kan word nie. Aan die vraagkant is daar egter vrae wat opduik, soos ’n verhoogde verbruik van (mielie)produkte wat nou baie goedkoop is; gelaaide pryse anderkant die plaashek wat pla en die groot surplus wat weggewerk moet word.

Daar is ook kommer oor die transaksiekoste anderkant die plaashek wat kos onbekostigbaar maak, soos die onderhoud aan die paaie wat tekort skiet.

Graan SA begryp ook nie hoekom die regering nie die belangrikheid van ’n koringtarief insien nie. Dit sal bloot help om produsente na koring te laat terugkeer en nie vir boere om baie geld te maak nie.

Mnr. J.P. Landman, politieke ontleder, sal op die kongres ’n toekomsblik van die politiek gee en kyk hoe die politiek hom ná die Wêreld-sokkerbekertoernooi sal uitspeel. Gerugte lui dat die regering in ’n meer sosialistiese rigting gaan beweeg, sê Laubscher.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.