Hop weer op ’n bus om Nampo te besoek
2010-05-03 15:49
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
BOTHAVILLE. – Kom hop weer op ’n bus wat jou veilig na die Nampo-oesdag en terug sal neem.
Die Pannar-mieliehopdiens was verlede jaar só ’n groot sukses dat die busdiens uit vier streke na Nampopark en terug ingestel is.
Tydens Nampo 2009 is 22 393km met vyf busse afgelê tussen die vertrekpunte en Nampopark.
Die AHI-sakekamer van Bothaville, die Mieliehoofstad van Suid-Afrika, het hierdie unieke diens in 2001 geïnisieer. Hulle het bekend gemaak dat vier nuwe daaglikse roetes vir Nampo 2010 ingestel is:
Pretoria via Johannesburg, Potchefstroom en Klerksdorp.
Delmas via Nigel, Heidelberg, Vereeniging, Vaalpark/Sasolburg en Parys.
Bloemfontein via Brandfort, Theunissen en Welkom.
Kimberley via Warrenton, Christiana, Bloemhof, Wolmaransstad en Leeudoringstad na Nampopark en terug.
Nampo-toegangskaartjies teen R60 per persoon – of R70 per persoon vir Woensdag – is beskikbaar by die pendeldiens. Die bus- en toegangskaartjies kan saam gekoop word.
Die busse stop elke oggend om 08:00 by Nampo en vertrek weer tussen 16:00 en 17:00.
Die prys vir ’n enkelritkaartjie van Bloemfontein (oplaaiplek is om 05:00 by die City Lodge) na Nampo is R80, van Brandfort R70 (05:30 by BKB), van Theunissen R60 (06:00 by Chicken Rib/garage) en van Welkom R50 (07:00 by Welkom Inn, Stateway).
Die prys vir ’n buskaartjie van Kimberley na Nampo is R100 (oplaaiplek GWK, 04:00), van Warrenton R90 (Moderne Motors, 04:30), van Christiana R80 (Wesmark, 05:30), van Bloemhof R70 (Wesmark, 06:00), van Wolmaransstad R60 (Wesmark, 07:00) en van Leeudoringstad R50 (Wesmark, 07:30).
Die nuwe Engen- noordelike hek langs die biertuin is vir die alleengebruik van die Mieliehop-pendeldiens en is aangepas vir die gebruik van gestremdes.
Die plaaslike taxivereniging se bestuurders, wat besoekers van die dorp na Nampopark en terug aanry, is baie goed opgelei en beskik oor uitstekende bestuursvernuf. Die kaartjies is R20 per persoon (enkelrit) vir ’n volwassene en R10 per kind.
Die sakekamer sê die Pannar-mieliehopdiens is ’n voorbeeld van hoe ’n gemeenskap hande vat en saamwerk deur ekonomiese bemagtiging van die bestuurders en die verkopers van die kaartjies.
Skakel 072-652-1261 om ’n kaartjie te bespreek. Vir meer inligting skakel 056-515-3549 of stuur e-pos louvre@act.co.za.