Grensboere positief oor nuwe grensheining

2010-06-25 11:35

ZASTRON. – Die grensboere hier is baie positief oor die herbou van die grenspad en die nuwe grensheining tussen die Vrystaat en Lesotho wat opgerig gaan word.

Die Groblers van die plaas Spring Valley het die twyfelagtige eer om in die naaste opstal aan die Lesotho-grens te woon. Sowat 500?m verder, agter ’n doringdraadheining van 1,8 m, woon die gemeenskap van Diphireng.

Net ’n gewone plaashek in die heining, wat as onwettige grenspos gebruik word, skei Lesotho en die plaaswerf.

Mnr. Danie Grobler, sy vrou, Magda, en hul seun, Frans, ’n student aan die Landboukollege Grootfontein, het in Februarie vanjaar op die eertydse spogplaas ingetrek en is besig om dit tot sy eertydse glorie te herstel. In die 1960’s is onder meer met 300 melkbeeste en 4?000 skape op die plaas geboer.

Grobler is positief oor die voordele wat die skikking oor die grensbeveiliging vir hom as grensboer inhou, maar met voorbehoude.
“Alles hang van die volhoubaarheid van die skikking af. Gaan die regering se benadering ná ’n jaar of twee steeds dieselfde wees. Op die tydstip maak ek steeds staat op my verhouding met my bure aan die ander kant van die grens.”

Hy is ook positief oor die beleggingswaarde van sy grond: “As die regering sy woord oor die beveiliging van die grens gestand doen, kan ons volhoubaar op ons ekonomiese eenheid boer.

“Ek het die afgelope ses jaar gesien hoe baie hoëpotensiaal-plase op die grens van Lesotho ten gronde gegaan het wat infrastruktuur en grondpryse betref. Dan praat ons nie van diefstal nie. Die oorwinning gee ons weer ’n reg as Suid-Afrikaanse burgers op die grens.

“Daar is landboupraktyke wat jy in jou boerdery moet toepas en doen jy dit nie sal jy onsuksesvol wees en dieselfde beginsel geld die polisie en die weermag wat hul taak moet kom verrig. Verkeerde of onbevoegde lede veroorsaak somtyds meer skade op die grens en die groepe wat hul taak behoorlik verrig, lei daaronder en so ook die boere.

“Ek hoop die regering sien die erns van die aangeleentheid raak en wat uiters belangrik is, is dat die kommunikasieproses tussen die regering en die grensboere en georganiseerde landbou slaag vir daadwerklike optrede en terugvoering. Anders gaan die hele proses platval,” sê Grobler.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.