Graan SA berei voorstel voor

2010-06-25 11:35

GRAAN SA berei in oorleg met die Nasionale Landboubemarkingsraad ’n voorstel voor vir me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, oor ’n strategie om die huidige mieliesurplus te hanteer as deel van ’n plan oor ’n langer termyn om volhoubare graanproduksie te verseker.

Dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, het aan Landbou-Volksblad gesê onmiddellike moontlikhede is om uitvoermarkte te soek vir ontsluiting op ’n bilaterale regering-tot-regering-grondslag.

Dit kom nadat die Mededing­ingskommissie vroeër vandeesmaand aangedui het dat ’n voorgestelde uitvoerpoel vir mielies wel teenstrydig met die Wet op Mededinging sal wees.

Die kommissie het aanbeveel dat daar aansoek om kwytskelding van sekere bepalings van die wet gedoen moet word. Graan SA het besluit om die bevinding te aanvaar en om voort te gaan met die voorbereiding van ’n aansoek om kwytskelding.

Graan SA het egter nie voorsien dat die beoogde uitvoerpoel binne die huidige bemarkingseisoen van mielies sal realiseer nie.

Laubscher sê dit is volgens hom duidelik dat die markte internasionaal onder basies dieselfde druk as in Suid-Afrika verkeer, naamlik “oorvoorsiene omstandighede binne ’n trae vraagsituasie”.

Verskeie ander belanghebbendes het intussen toegetree tot die debat oor die volhoubaarheid van graanproduksie, gegewe die huidige lae pryse en oorvoorsiening wat mielies betref.

Die Nasionale Bemarkingsraad het ook ’n Artikel 7-komitee-benadering tot die graanprobleem, mielies in besonder, goedgekeur en dit opsigself gee ’n verhoogde vlak van dringendheid aan die probleem. Graan SA neem volledig deel aan hierdie projek.

Intussen sê Graan SA produsente in die somersaaigebiede stroop volstoom mielies. In sommige streke stroop produsente al ’n geruime tyd, terwyl ander pas begin het. Die stroopproses is vertraag deur mielies wat nie vinnig genoeg afgedroog het nie.

Die Nasionale Oesskattingskomitee verwag ’n reuse-mielie-oes van rondom 13,3 miljoen ton. Dit kan die grootste oes in sowat 28 jaar wees. ’n Groot oes sonder ’n groot genoeg mark beteken egter lae pryse, en dit is wat boere laat kopkrap.

Graan SA sê volgens terugvoer en skattings van produsente en koöperasies is sowat 25% van Suid-Afrika se mielies klaar gestroop. In streke is daar groot variasies in die oppervlaktes wat klaar gestroop is.

Die opbrengste in distrikte wissel dramaties. Sommige produsente stroop minder as wat hulle verwag het, maar dit wil voorkom of die meerderheid stroop soos hulle vermoed het en ander selfs beter as wat hulle verwag het.

Produsente meld dat die nat najaar wel ’n invloed op die graad van die mielies gehad het. Individuele produsente in verskillende streke ervaar tans ernstige probleme met hul graad.

Volgens terugvoer is die gehalte van ongeveer 80% van die hele mielie-oes eerste graad, terwyl sommige silo’s slegs 20% eerstegraad-mielies ontvang. Die jongste Sagis-syfers toon dat ongeveer 88% van die mielies wat reeds ontvang is, eerste graad is.

Kennis moet geneem word dat hierdie syfers dramaties kan verander soos die stroopproses vorder, sê Graan SA.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.