Brahman, die ras sonder grense – telers

2010-06-25 11:35

DIE ras sonder grense. Só beskou die brahman-telers in Suid-Afrika dié bul van ’n beesras.

Die Brahman-beestelersgenootskap sê geen ras in Suid-Afrika beskik oor soveel suiwer soorte binne homself as die brahman nie.
Erkenning in besonder word ook gegee aan die wit en rooi soorte binne die ras.

Tot ’n mindere mate word die Indu-Brazil, Gir, Nellore of selfs die Guzerat vandag in die land aangetref. Die somtotaal van hierdie wetenskaplik aanvaarde variasie gee aan iets waarop geen ander ras kan roem nie nuwe betekenis – naamlik begrippe soos heterose (basterkrag), erfdwang, aanpasbaarheid en in besonder moedereienskappe.

Om die kroon te span het die brahman wêreldwyd ’n metamorfose veroorsaak deurdat “rasbeheptheid” daartoe aanleiding gegee het dat verskeie “nuwe rasse” gegenereer is vanuit die brahman.

Dit is kenmerkend ’n spontane reaksie wat moes volg toe ander rasse veral die afgelope dekade hul markaandeel verloor en die komplimentêre faktor van die brahman moes gebruik om deel te word van die zebu-familie wat by uitstek veral geskik is vir Suid-Afrikaanse toestande, sê die genootskap.

Die suiwerheid van die brahman en sy uniekheid wat geneties deur sy progressiewe telerskorps en interaksie oor die hele wêreld in stand gehou en voortdurend bevorder word, plaas hom voor ’n nuwe uitdaging as die “ras sonder grense”.

Brahman-stoettelers se “beste diere” (genetiese materiaal) pas vandag in by die biologiese omgewing, produksiestelsels, bestuurspraktyke en ekonomiese omstandighede van die kommersiële sektor.

Die frekwensie van gene waaruit die kommersiële sektor die meeste voordeel kan trek wat betref produktiwiteit en winsgewendheid, word deur die genootskap deur sy benutting van Breedplan as genetiese evalueringstelsel waaruit BLUP-ontledings vir teelwaardes beraam word, gedoen en voortdurend uitgebou.

Die volgehoue seleksie en in besonder die advisering van telers oor faktore vir seleksiedoelwitte, geniet voorkeur in die genootskap om tred te hou met moderne teeltegnieke en die boer só te posisioneer dat doeltreffendheid altyd voorrang geniet.

Dat die brahman nie in kompetisie staan met ander rasse nie, maar rasse eerder komplementeer, spruit verder voort uit sy genetiese uniekheid.

Die genootskap sê sedert die brahman die eerste keer op die toneel verskyn het in 1954 en sy invloed in die kommersiële vleisbeesboerdery as’t ware ’n euforie onder elke progressiewe boer tot gevolg gehad het, is die resultaat van die verskynsel vandag so gevestig, dat die woord brahman sinoniem geword het met suksesvolle rooivleisproduksie.

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...