Winterkersfees maak wense in tehuis waar

2011-08-10 12:19

ZASTRON. – Dit is ’n bitter koue wintersoggend op die dorp. Ysig huil die winterswind deur stofbedekte strate, om die hoeke van geboue – bring ’n ysige boodskap van die wit, sneeubedekte kruine van die Maluti-berge wat in die verte, waaksaam, ’n oog oor die dorp hou – ’n baie ver gesig van skoonheid wat slegs in sprokiesverhale gevind word.

Verbeel die besoeker homself of is hier iets vreemds aan die gang? By die tehuis vir bejaardes, met die paslike naam van Huis Vergesig, is daar vandag onder inwoners ’n gevoel van opgewondenheid. Met oë wat straal van verwagting aanskou hulle die groot Kersboom – die Kersliggies – ’n wonderwerk, Kersvader met sy lang wit baard en sak oor die skouer.

In die sak is egter nie vandag speelgoed nie, maar wel stukkies papier waarop wense neergeskryf is. Hy staan langs die Kersboom – wys geen tekens van die lang reis van sy woonplek af in Rovanieme in Finland wat hy vanoggend met sy slee en rendiere moes aflê nie.

Kersfees in die winter? ’n Wit Kersfees? Ons is mos nie nou in Noord-Amerika of Europa nie. Hierdie is egter iets anders. Dit is ’n Winterkersfees waar wense en drome vervul sal word – dit is operasie Lakatsa, die Sotho-woord vir “ek het ’n wens”.

Nadat die Zastronse tak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) die derde agtereenvolgende jaar die prys vir die aktiefste tak verower het, het die voorsitter, dr. Annelize Keeve, en haar span besluit om operasie Lakatsa te begin en die tak se prysgeld te gebruik om dit te finansier.

Aan elkeen van die 36 inwoners van Huis Vergesig is drie wense, wat hulle op ’n stukkie papier moes neerskryf, toegeken.

Wense het gewissel van nartjies, wolkouse en hoede tot ’n versoek om na ’n vertoning van Nataniël te gaan kyk. Om weer te kan sien was die wens van iemand wat ’n katarak-operasie nie kon bekostig nie, ook iemand wat nie ’n stel kunstande kon bekostig nie.

Nodeloos om te sê, feitlik al die wense sal uitgevoer word insluitende die laaste drie. Groot opgewondenheid het geheers toe die toestaan van die wense uitgelees is. ’n Werklike hedendaagse sprokiesverhaal!

’n Heerlike Kersete, ook deur die ATKV geborg, is daarna aan al die inwoners voorgesit en daar is swaar afskeid geneem van Kersvader wat weer op sy lang reis na Rovanieme moes vertrek.
1

2

3

1 - DIE bestuurslede van die ATKV op Zastron wat die Kersete bygewoon het, is van links mnr. Arendt Kouwenhoven, mej. Paula Botha en mev. Hannetjie van Eyssen. Inlas: Dr. Annelize Keeve (voorsitter).
2 - HIER sit mev. Hannetjie Swanepoel en mnr. Gert Greyling aan vir die Kersete in Huis Vergesig op Zastron.
3 - MEVV. ENA BREYTENBACH, Maggie Greyling en Meraaitjie Botha in ’n vrolike Kersfees-stemming op die Kersete wat onlangs vir inwoners van Huis Vergesig op Zastron aangebied is.
Foto’s:Alex van Rensburg
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.