Werkloses trek voordeel uit projek

2010-04-20 22:52

BETHULIE. – Spanne werkers in oranje oorpakke het sedert Februarie ingespring om die strate in dié munisipale gebied skoon te maak. Die spanne sal ook daarvoor verantwoordelik wees om die sykante van die nasionale verbindingspaaie van obstruksies skoon te maak.

’n Woordvoerder van die munisipaliteit het gesê die werk word gedoen as deel van die regering se uitgebreide program vir openbare werke (EPWP) se padinstandhoudingprojek. Die projek is ’n projek van die kantoor van die Vrystaatse premier en word deur die provinsiale regering gefinansier.

Die munisipaliteit op Bethulie is slegs ’n toesighouer van die projek om te verseker dat die doelwit, naamlik die skoonmaak van die gebied, bereik word. Die werkskeppingsprojek het ook ten doel om te probeer om inwoners van Bethulie te bemagtig sodat hulle enige plek in die land met ander kontrakteurs vir tenders kan meeding. Die driejaarprojek het in begin Februarie vanjaar begin en sal jaarliks hernu word na gelang van die gehalte van werk wat die kontrakteur en sy span gelewer het.

Daar is 5 spanne, 215 werkers, aangestel. Vier spanne werk op Bethulie en een op Jagersfontein.

Die werkers is gekies volgens ’n stelsel waar die gemeenskap gevra is om afskrifte van hul identiteitsdokumente te verskaf, waarna dit volgens geslag en ouderdom gesorteer is. Die kontrakteurs word dan voorsien van hierdie lyste vanwaar hulle hul werkers kies volgens die riglyne wat deur die EPWP bepaal is.

Elke span het ’n eienaar en ’n terreintoesighouer.

Volgens die woordvoerder sluit verantwoordelikhede van die werkspanne in om die dorp se strate en leivore skoon te maak, asook die regmaak van paaie, slaggate en die verwydering van enige obstrukies langs die paaie.

Die munisipale woordvoerder noem verder daar is min werkgeleenthede op Bethulie en dat die projek daarom ’n groot geleentheid is om werkloses se lewensomstandighede te verbeter deur werk aan hulle te verskaf en glo ook dat dit die dorp se ekonomie sal bevoordeel.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.