Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Vaalrivier brul deur Noord-Kaap

2010-02-13 05:52

KIMBERLEY. – Toe die rustige Vaalrivier onlangs in ’n siedende vloed deur die Noord-Kaap gebruis het, het oewerbewoners angstig gekyk hoe die bruin water na woonhuise kruip terwyl insekte vooruit oor die aarde skarrel.

Vir dae is indringer-hiasinte wortel en tak meegesleur; het kaalgestroopte boomstompe op die golwe gedobber en is hengel-eilande oorstroom.

Stinkende opdrifsels het teen die steiltes opgestapel – ’n gedeelte van die gemors uit die magtige rivier se bo-lope wat nie later by Douglas in die Oranjerivier uitgespoeg sou word nie.

Anders as vervelige lekgotlas waar verkiesingsbeloftes afgepoets word, eindelose dinkskrums en voortslepende vergaderings sonder praktiese besluite stu die rivier doelgerig voort.

Kortpadroetes is afgesny. Rykes se naweekhuise en delwersmasjinerie is onder water. Plakkershutte is gou na hoër grond verskuif.

Munisipaliteite wat stilletjies rou riool en ander narighede in die rivier gestort het, het ’n sug van verligting geslaak, want die verdoemende getuienis is vir ’n rukkie heeltemal uitgewis.

Ander skuldgevoelens, verdoeselde skandes en mislukte projekte is ook, figuurlik gesproke, weggespoel.

Buite Barkly-Wes het die stroom ’n Kaapse draai wyd gevat sodat ’n grasgroen vlei kniediep in die water gestaan het.

Parallelle rye bome het gewys waar die eintlike rivierloop was.

Byna elke jaar dié tyd wanneer die reën in die Oos-Vrystaat en Lesotho neerplons, word die Vaal- en Bloemhofdam se sluise oopgetrek. Dan brul die Vaalrivier. Enkele jaar wanneer die Gariep- en Vanderkloofdam se sluise ook oopgemaak word, raas die land se twee grootste riviere tesame tot by die helske brul van Augrabies.

Hierna draal die stilte vir maande in die land se grootste provinsie voordat die skoonmaakproses in die nat jare herhaal word.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-520,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Senior C# Developer – Contract role

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R250-300 Per Hour Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 307,471.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Ambiente 155kW MY09
2009
R 335,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video