VVLU-lede kry kykie agter kliniek-skerms

2010-08-04 11:04

BETHULIE. – ’n Groep lede van die plaaslike tak van die Vrystaatse Vroue-Landbou-unie (VVLU) het onlangs meer uitgevind oor die werking van die Lephoi-kliniek op die dorp.

Mev. Christelle Jacobs, sameroeper van die VVLU, het die personeel van die kliniek gekomplimenteer oor hoe mooi skoon die kliniek is en oor die personeel se vriendelikheid. Suster Anneke Olivier het die vroue meer vertel van die werksaamhede en diens aan die publiek van Bethulie, Lephoi, Cloetespark en die plase in die distrik.

Daar is vyf susters en die klem is op psigiatrie, kraamgevalle, kinders, ’n mobiele eenheid, MIV en antiretrovirale middels. Wat medisyne en voorskrifte betref, is die susters beperk tot skedule 2. Hulle ondersoek pasiënte, skryf medisyne voor, waarna die pasiënte die medisyne by die kliniek se apteek kry. Wanneer dit buite die bevoegdheid van die susters val, sal die geneesheer medisyne voorskryf.

Elke pasiënt moet elke ses maande sy/haar voorskrif van die geneesheer by die hospitaalapteek op Smithfield ingee.

Verpleegkundiges ondersoek daagliks pasiënte en verwys hulle, indien nodig, na die dokter. Pasiënte mag nie self ’n afspraak met die dokter maak nie. Dr. Kosie le Roux, distriksgeneesheer van Trompsburg, besoek die kliniek op Maandae en doen deeglike ondersoeke. Die stelsel laat toe dat die geneesheer ’n maksimum van 30 pasiënte per dag kan spreek.

Pasiënte meld hulle aan en registreer hulle by ontvangs en nuwe pasiëntlêers word daar geopen. Die grootste uitdaging is met menslike hulpbronne, aangesien daar nou slegs een administratiewe klerk is wat alle ontvangs- en administratiewe aangeleenthede moet hanteer.

Op sommige dae word tussen 120 en 150 lêers getrek wat weer geliasseer moet word en die liasseerstelsel wat gebruik word, word bepaal deur die jaar waarin die pasiënt geregistreer is. Weens die personeeltekort, veroorsaak dié volume somtyds oponthoude en pasiënte word versoek om geduldig te wees.

X-strale word op Smithfield geneem. Vir enige skoon beenbreuke sal die pasiënt tot Dinsdag of Donderdag, die dae wanneer die diens beskikbaar is, moet wag. Sou dit ’n slegte breuk wees, word die pasiënt verwys.

’n Tandarts is op Donderdae van 10:00 tot 14:00 by die kliniek beskikbaar vir basiese dienste soos trek of stop van tande. Die eerste 15 pasiënte word gehelp.

Op Donderdae is daar ook ’n dieetkundige, fisio- en arbeidsterapeut by die kliniek beskikbaar.

Pasiënte word daagliks op weeksdae na Smithfield en Bloemfontein vervoer, met ’n maksimum van sewe per dag. Die vervoer vertrek om 05:00 en word gereguleer met ’n toestemmingsbrief van die kliniek.

’n Psigiater besoek Smithfield op die laaste Donderdag van elke maand. Voordat ’n pasiënt verwys word, word ’n volledige evaluasie gedoen en ’n verslag deur ’n klinieksuster opgestel. Die ambulansdienste het ’n beheerpunt op Bethulie en kan by 101-777 gebel word.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.