Survivor’ kuier op geboortedorp

2010-07-21 09:40

BETHULIE. – Mzi Tyhokolo, ’n Bethulianer van geboorte, was nog ’n klein kannetjie. Hy sou daardie dag ’n rekord kon opstel, so vinnig het hy genael om weg te kom van die “monster” wat hy uit die Oranjerivier by Bethulie getrek het.

Die groot skrik het gemaak dat hy toe nie die vislyn los nie en bly hardloop met die “monster” op sleeptou. Hierdie katvis, oftewel baber, was die eerste vis wat hy gevang het.

Sy neef en vriende moes hom tot stilstand dwing en oortuig dat die vangs wel ’n vis was. Hy vermoed dis die “snorbaarde” wat aanleiding gegee het tot die episode!

Tyhokolo, wat in 2006 aan die eerste Survivor South Africa (Panama) deelgeneem het, het wonderlike herinneringe aan die dorp waar hy die meeste van sy seunsjare deurgebring het (laer- en junior sekondêre skool) en waar sy ma, mev. Misiwe Tyhokolo, en jongste broer, Sicelo, ook nog woon. Sy ander broer, Andile, woon en werk in die Goudstad.

As seun het hy en sy vriende graag visgevang of in die veld gaan stap. Daar was tye wat dit baie droog was. Hulle kon dan enkeldiepte in die vlak water loop en die visse met hul hande vang!

Hy sê dit was ook die enigste tyd wat hy daarin geslaag het om baie vis te vang! Vandag glo hy dat sy belangstellings – visvang, diere, die buitelewe, asook sport – alles vanweë sy vormingsjare op Bethulie is.

Tyhokolo noem verder dat hy as ’n swart man al skewe kyke van sy vriende gekry het oor sy belangstellings en passies. Tyhokolo is ook die enigste swart man wat aan professionele baarshengel in KwaZulu-Natal deelneem.

Nadat hy sy skoolloopbaan in Welkom voltooi het, het hy ’n B.Sc.-graad in chemie behaal aan die destydse Universiteit van Natal in Pietermaritzburg, waarna hy ’n honneursgraad in chemie aan die Rhodes-universiteit behaal het.

Hierna het hy hom as junior energie-adviseur by Sasol se gasafdeling aangesluit. Sy loopbaan as energie-adviseur het gelei na sy huidige pos as hoof-energie-adviseur in Durban by Spring Lights Gas, ’n maatskappy wat natuurlike gas bemark en versprei.

Normaalweg besoek hy sy moeder op Bethulie een keer per jaar. Dit was altyd vir hom belangrik om sy oorlede ouma (“die liefling van sy lewe”) te sien. Sy ouma en ma het vir hom die beste kulturele geregte, dinge soos pap en afval, gekook. Dit was vir hom snaaks dat hulle gedink het hy sou dit nie meer wou eet nadat hy van die huis weggetrek het nie.

Sy ma is die mens wat hom rede gegee het om te glo dat hy enigiets kon bereik waarop hy sy hart gesit het.

Tyhokolo, sy vrou, Soraya, en hul babadogter, Sarah, het onlangs spesiaal vir ’n naweek van Westville, Durban, af kom kuier.

Dit was om mee te doen aan die vieringe rondom Sicelo se terugkoms huis toe van die inisiasieskool en sy toetrede tot die wêreld van manwees. Hulle was bevoorreg en gelukkig om al sy naby en uitgebreide familie weer te sien, almal saam op dieselfde plek, en dit oor een naweek.

Daar was ’n huis vol gaste wat lekker saamgekuier het en waar ma Misiwe en ander vroue reeds die Sondagoggend vroeg bedrywig was met die voorbereiding van die feesmaal vir al die gaste later die dag toe ek ingeloer het om met ’n vriendelike en nederige Tyhokolo kennis te maak.

Wanneer ’n mens uitvis oor hoe hy in 2006 een van die deelnemers in Survivor geword het, vertel Tyhokolo: “Ek het na Survivor gekyk en altyd gedink dat die Amerikaners nie reg laat geskied het aan die konsep nie, daarom het ek besluit dat, sou dit ooit Suid-Afrika toe kom, ek aansoek sou doen en vir almal wys wat dit beteken om ’n Survivor te wees, tewens, my lewe op Bethulie het oor oorlewing gegaan.”

Hy het toe aansoek gedoen toe die geleentheid hom voordoen en was een van 14?000 kandidate uit wie die finale 14 gekies is.
Hy het die hele maand wat Survivor verfilm is, op die stel bestee en het onder die topdrie geëindig.

Tyhokolo sê dat hy die spel op ’n spesiale manier gespeel het, veral toe hy begin besef hoeveel mense agter hom staan en hom ondersteun. Ongeveer een miljoen mense in Suid-Afrika het hom ingestem as die Ultimate Survivor.

Maar, wat die show self betref, was dit die wyse waarop hy visgevang het wat noemenswaardig was. Hy het letterlik daagliks die hele “stam” gevoed danksy sy visvangvaardighede, soms selfs met tuisgemaakte hoeke... en met dank aan sy vormingsjare op Bethulie.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.