Stokperdjie word onderneming
2011-06-22 09:35
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
HENNENMAN. – Die maak van dekorartikels, wat as ’n stokperdjie begin het, het tot ’n heeltydse onderneming vir Teresa du Plessis van Du Plessis Decor op die dorp uitgebrei.
Sy het tien mense in diens wat met die vervaardiging van hul unieke houtprodukte, wat prente, esels en kruise insluit, help.
Du Plessis sê elke artikel is handgemaak en uniek. “Die produkte word gereeld aangepas om by te bly by hedendaagse neigings. Dit word landwyd aan winkels gelewer en is onder meer ook op Clarens en Parys beskikbaar.”
Die produkte word ook jaarliks op kunstefeeste soos die KKNK, Aardklop en Vryfees (voorheen Volksblad-kunstefees) uitgestal.
“Herwinning en om iets oud weer nuwe lewe te gee lê ons baie na aan die hart.”
Vier die lewe, vier kreatiwiteit is die tema van vanjaar se 14de kunskothuis-en-oudhedemark by Du Plessis se onderneming. Du Plessis,sê die mark is vanjaar van 29 Junie tot 2 Julie. Van Woensdag tot Vrydag is die mark se deure van 08:00 tot 19:00 oop en Saterdag van 08:00 tot 15:00.

DIE organiseerders van die Hennenmanse kothuiskuns-en-oudhedemark is Teresa du Plessis (links) en Ronel le Roux.
Foto: marisa phillips
- Volksblad