Stem só vir jou gunstelingdorp

2011-06-19 12:07

HOËRSKOOLLEERLINGE van Volksblad se lesersgebied in die Vrystaat en Noord-Kaap kan in vanjaar se Volksblad-Toerismedorp van die Jaar-kompetisie wen deur foto’s van hul dorpe in te stuur.

Hierdie foto’s word dan op Facebook geplaas en die fotograaf van die foto met die meeste likes elke week, wen R250 met komplimente van PWC, mits hy of sy natuurlik ook vir sy of haar dorp gestem het in die SMS-kompetisie.

Mense wat net per SMS stem, kan ook wen. Weekliks word ’n naweek met komplimente van Forever Resorts Gariepdam weggegee vir een gelukkige leser.

Lesers het weekliks tyd tot die Maandag om 10:00 om seker te maak hul stemme tel vir daardie spesifieke dorp se uitslae.

Die wendorp wat ná verdere beoordeling in September aangewys word, ontvang minstens R45000, asook R20000 om die wenmakietie op die dorp aan te bied.

Hierdie pryse is met komplimente van die borge – die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat se Skool vir Toerisme, Gasvryheid en Sport, PWC, Capitec-bank en die AHI-Vrystaat. Volksblad-Kontrei gee wye mediablootstelling aan die projek en die wendorp.

Die vennote gaan ook saamspan om ’n bord by die wendorp op te rig wat sal aankondig dat dié dorp die kompetisie in 2011 gewen het.

Om te stem is maklik. Enigiemand wat sy of haar stem vir ’n plattelandse dorp in die Vrystaat en Noord-Kaap wil uitbring, kan deelneem. Die drie stede in die Vrystaat en Noord-Kaap, Bloemfontein, Kimberley en Welkom, kwalifiseer ongelukkig nie vir die kompetisie nie.

Die vorige twee jaar se wenners, Marquard en Gariepdam, mag ook nie aan die kompetisie deelneem nie.

Stem vir u dorp deur ’n SMS na 45527 te stuur. Begin u boodskap met Volksbladdorp gevolg deur die naam van die dorp waarvoor u wil stem, asook u naam en kontakbesonderhede. Dit moet dus só lyk: Volksblad dorp Kakamas Piet Pompies 082-123-4567. Elke SMS kos R1,50 en daar is geen beperking op hoeveel keer iemand mag stem nie.

Hoërskoolleerlinge moet bloot ’n foto neem wat volgens hulle ’n uitstaande eienskap van hul dorp uitbeeld, dit aan Volksblad stuur en hul vriende dan aanmoedig om op Facebook vir hul foto’s te gaan stem.

Stuur jou hoëresolusiefoto aan MJLourens@Volksblad.com. Skryf in die onderwerpveld Toerismedorp en maak seker dat jou naam, jou skool se naam en die skool se telefoonnommer in die e-pos is. Al die foto’s wat Volksblad teen die Donderdag om 12:00 bereik het, sal teen 13:00 op Volksblad-Kontrei se Facebook-blad geplaas word.

Mense het dan tyd tot Maandag om 10:00 om vir hul gunstelingfoto’s te gaan stem deur bloot op die like-knoppie te kliek.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.