Skilder gedy op Bethulie

2010-08-04 11:04

DIE kunstenaar George Gibson kyk na ’n student se werk en gee raad. Foto: Coreli Roos

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BETHULIE. – Op ’n kleinhoewe met sy huis half agter bome verskuil, het die kunstenaar George Gibson homself in 2005 kom vestig. Dit is ook waar hierdie man van oor die ses voet met die vele fasette en die sagte stem deur sy bril na jou loer wanneer hy jou binnenooi.

Toe Gibson Bethulie ongeveer vyf jaar gelede in reaksie op ’n Landbouweekblad-advertensie besoek het, het hy hom hier “vasgeloop” in twee dinge waaroor hy sterk voel – perde en water. Toe hy as bonus ’n bekostigbare eiendom raakloop, het dit hom vinnig laat besluit om sy wortels op Naboomspruit uit te trek en Bethulie toe te verhuis.

Sy liefde vir perde kom van sy kleintyd toe hy baie tyd op sy oupa se plaas op die Springbokvlakte, waar hy perd gery en perde ingebreek het, bestee het. Hy is die naamgenoot van sy oupa George, van wie daar ook ’n foto hang.

Terwyl hy op laerskool was, het hy ’n bietjie geteken. In st.?1 was hy die algehele wenner van ’n Sanlam-skolekunswedstryd. Hy onthou dat hy ’n kragsentrale van bo geteken het, onder meer met motors wat ingeryg geparkeer gestaan het. Hy het op skool agtergekom die karretjies wat hy geteken het, het mooier gelyk as dié van die ander kinders en het dikwels, op hul versoek, vir hulle karre geteken.

Sy suster en tweelingbroers het almal op skool kuns geneem en daarin gepresteer. Hy, daarenteen, het dit “gedop” omdat hy te realisties wou teken en ’n groot deel van die kunsklasse oor kunsgeskiedenis gehandel het, waarin hy geen sin gehad het nie.

Gibson het geen formele kunsopleiding nie. Will Scott-Smith, ’n Britse skilder en gewese direkteur van Lloyds wat in Suid-Afrika kom aftree het, het sy Suid-Afrikaanse basis in Polokwane in ’n tuinwoonstel by die Gibson-gesin gemaak.

Hy het gereeld toegekyk terwyl Scott-Smith met olie- of waterverf geskilder het en so is sy belangstelling geprikkel. Scott-Smith het hom papier gegee sodat hy ook kon verf.

Hy vertel skertsend hoe hy eendag by Scott-Smith wou weet watter soort kwas hy gebruik om ’n sekere effek te kry en toe aan hom gevra het “What ‘quest’ do you use for that?” Die skilder was uitgeboul en moes by hom uitvind wat hy wou weet!

Al was hy altyd lief vir teken, het hy die eerste keer ernstig daaroor begin raak om te skilder nadat hy sy diensplig voltooi het.
Hy onthou dat sy pa vir kunsklasse ingeskryf het by Pieter van der Westhuizen in Pretoria en dat hy hom na die enigste twee lesse wat hy bygewoon het, vergesel het, waar hy gevolg het wat in die klas aan die gang was.

Gibson het sy sjefopleiding voltooi toe hy ’n paar jaar op Humansdorp gewoon het, waar hy onder meer as vennoot in die hotel- en restaurantbedryf was. Tydens sy verblyf daar, het Gibson by Gawie Cronjé om hulp aangeklop toe hy met ’n uitdaging gesit het; dit was met ’n kremetartboom waarmee hy besig was.

Cronjé het hom een uur toegestaan waartydens Gibson moes waarneem en hom raad vra oor kleur en tegniek om hom so te help om by die oplossing uit te kom. Cronjé het ook aan hom gesê deel van die geheim om suksesvol as ’n skilder te wees, is: “Don’t let you palette run dry”!

Hierdie interaksie met Cronjé het Gibson gelei tot ’n kwantumsprong, hy het sy styl verander en “is betower deur berge en huisies”. Dit is sy mikpunt om “die beste berge- en huisieskilder te word”.

Op Humansdorp het hy tot bekering gekom en besluit om teologie te studeer. Terwyl hy en sy gesin by die kerk betrokke geraak het, het hy deeltyds begin studeer en het hulle eers Port Elizabeth toe, en later Pretoria toe verhuis. In Pretoria kon hy hom ’n jaar lank heeltyds op sy teologiese studie toelê en het hy tussendeur geskilder.

Terwyl hy beroepafwagtend was, het hy ’n volle jaar heeltyds geskilder in opdrag van John Contact, Johannesburgse kunshandelaar. Hy het lang ure geskilder, baie skilderye gemaak en soms, wanneer hy moeg was en gaan slaap het, het hy gevind dat sy twee jongste kinders hom ’n bietjie “gehelp” het met van die skilderye. Hy moes dan hul “hulp” weer regmaak!

’n Geleentheid het opgeduik om in die mikroleningsbedryf betrokke te raak en Gibson het die bedieningsveld vaarwel toegeroep.

Die uitdagings en werksdruk het egter hul tol geëis en hy het weens gesondheidsredes uit sy pos as direkteur van ’n beursgenoteerde mikro-leningsmaatskappy bedank.

Nadat hy in 2000 by die dood omgedraai het weens hartversaking en nierprobleme, het dit hom weer nuttig te pas gekom toe hy ’n paar jaar as sjef by ’n familiesaak, ’n luukse gastehuis in Pretoria, betrokke was. Daarna het hy ’n hidrouliese onderneming op Naboomspruit gehad.

Deel van Gibson se leerskool is ook die indruk wat ander kunstenaars, soos Walter Meyer, ook voorheen van Bethulie, op hom gemaak het. Hy beskou Meyer se werke as ’n inspirasie.

Gibson het sy uitdaging met die feit dat hy kleurblind is, oorkom deur jare se ondervinding met die gebruik van kleur. Hy kan kleure sien, maar weet nie hoe dit werklik lyk nie.

Daarom maak hy onder meer seker wat die kleur op die buis is en hy weet hoe om dit te gebruik en te meng om die gewenste kleur te kry. Sou hy twyfel oor hoe dit op die skildery lyk, sal hy iemand vra om vir hom te kyk en te sê of dit nie “te pienk is nie”.

Die jongste toevoeging tot Gibson se portefeulje is dié van kunsonderwyser. Dit het toevallig gebeur toe Alta-Marie Venter meermale by hom kom aanklop het met skilderye waarvoor sy raad en hulp benodig het. Kort daarna het hy vir haar les begin gee en het nog ’n vriendin gevra of sy saam met Venter kan klas neem.

Net nadat Venter se man oorlede is en sy verhuis het, het die eienaar van ’n kunswinkel op Aliwal-Noord hom gekontak met die versoek om daar kunsklasse aan te bied.

Hy gee sedert Maart vanjaar daar klas. Hy het nou ook ’n paar kunsstudente wat op Bethulie by hom klas neem. Gibson glo ’n mens kan iemand die basiese leer, maar elke mens het ’n eie benadering en aanslag. Dit is egter belangrik dat die tegniese aspekte reg is.

Gibson werk ook as pastorale berader op Burgersdorp en Aliwal-Noord. Om persoonlike trauma en teleurstellings te verwerk, het hy dit onder meer terapeuties gevind om sy emosies op doek neer te lê, asook om te skryf en dig (ongepubliseer).

Hy glo die pad wat hy geloop het, het hom voorberei om begrip te hê vir mense in nood, dit te verstaan en hulle te kan bystaan.

Sy groot droom bly egter om te skilder en as skilder ’n lewensbestaan en naam te kan maak.

Gibson het drie kinders. Die oudste, Adania, is getroud en woon op Naboomspruit. JC, sy seun, is betrokke by die kerk in Jatniël, Benoni, terwyl Lientjie, wat verlede jaar gematrikuleer het, by hom woon en hom help.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.