Nuwe hospitaal beplan

2011-05-25 06:02

’n KUNSTENAARSVOORSTELLING van die Gariep- Private Hospitaal. Foto: verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

GARIEPDAM. – Die onlangse aankondiging dat hier ’n private hospitaal gebou gaan word, is met opwinding en dankbaarheid ontvang.

Verskeie inwoners sê dat juis in die jaar waarin die dorp die Volksblad-Toerismedorp van die Jaar is, kry hulle die groot geskenk om ’n eie hospitaal op die dorp te kry.

Gesondheidsorg in die Suid-Vrystaat was nog altyd ’n probleem, veral omdat die naaste provinsiale hospitaal op Smithfield en die naaste private hospitale in Bloemfontein is.

Die aankondiging is ’n maand gelede deur mnr. Marcell Mellet gedoen. Mellet is die ontwikkelaar van die nuwe aftreeoord op die dorp en sou aanvanklik net ’n mediese sentrum vir die oord gebou het.

Tydens die beplanning het Mellet besef dat daar in die Suid-Vrystaat ’n groter behoefte aan gesondheidsorg is en het toe by die departement van gesondheid vir ’n lisensie aansoek gedoen om ’n private hospitaal te bou en te bedryf.

Aan die einde van Maart is toestemming verleen om ’n private hospitaal te bou wat in die eerste fase uit 22 sub-akute beddens en 2 akute beddens sal bestaan.

Mellet sê in die finale fase sal daar geriewe vir 22 akute beddens, kraamgeriewe en ’n teater wees.

Die private hospitaal sal dan in die behoeftes van die aftreeoord, sowel as die dorp en omliggende distrik, kan voldoen.

In die eerste fase sal daar spreekkamers, ondersoekkamers, ’n apteek en ’n noodprosedure-kamer vir noodgevalle wees.

Aangesien Gariepdam langs die N1 geleë is, sal daar ook geriewe vir ambulansdienste en ’n stabiliseringseenheid wees. Mellet sê die hospitaal maak ook voorsiening vir ’n tandarts en arbeids- en fisioterapeutkamers.

Hy is nou in gesprek met verskeie hospitaalgroepe en ambulansdienste om die gespesialiseerde mediese dienste te lewer.

Die hospitaal sal bekend staan as die Gariep- Private Hospitaal en daar is reeds met die eerste grondwerke begin. Mellet beplan om die hospitaal teen die einde van 2012 in bedryf te stel.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.