Historiese museum op Parys herleef

2010-07-28 09:27

Die Parys-museum is ná jare se toestaan, stof vergader en verwaarlosing, weer vir die publiek oopgestel.

Die gebou, wat in 1904 as landdroskantoor opgerig is en een van die oudste geboue op Parys is, is later ook as poskantoor gebruik.
Verskeie ander instansies soos die destydse Barclay’s, Rooi Kruis, Oranje-Vrouevereniging (nou Vrystaat-versorging in Aksie) het die gebou gebruik. Tot in 1976 het die gebou die munisipale kliniek en gesondheidsafdeling gehuisves.

In die munisipale begroting van 1981-’82 is voorsiening gemaak om die gebou as ’n museum in te rig. Die museum is twee jaar later geopen en is in l993 deur die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Weens ’n gebrek aan geld is die museum se deure in 2005 gesluit. Dit was ’n groot verlies vir Parys, ’n dorp met ’n ryke geskiedenis, ’n dorp wat vanjaar al 134 jaar oud is.

’n Paar komiteelede het probeer om die deure Saterdae vir twee uur oop te hou, maar dit was nie suksesvol nie, aangesien die uitstallings verwaarloos was en feitlik geen dokumentasie beskikbaar was nie.

Die afgelope aantal maande was daar egter soveel belangstelling in die geskiedenis van Parys en was dit duidelik dat die gemeenskap ’n behoefte aan ’n museum het. Sonder enige geld of hulp van die Ngwathe-munisipaliteit was dit egter nie moontlik nie.

Twee inwoners van Parys, mev. Iris Andrew en haar dogter me. Muriel Green, het besluit om ’n konsert te reël om geld bymekaar te maak vir die museum. Die konsert was so ’n groot sukses en daar was soveel belangstelling dat die bestaande komiteelede nuwe moed geskep het. Die komitee bestaan uit 14 lede, meestal sakelui van die dorp.

Die museum is op 19 April vir die publiek oopgestel en rekordgetalle besoekers besoek daagliks, veral Saterdae, die museum. Toegang is gratis, maar die skenkingsblik lewer groot verrassings op, almal is begeesterd en dra ruimskoots by.

Andrew, wat daagliks, vrywillig en sonder enige vergoeding in die museum werk, sê daar is nog baie te doen en baie dokumentasie en ou foto’s moet geklassifiseer en bewaar word. Die uitstallings is opgeknap en herrangskik en sy en haar dogter doen moeite om die museum toeganklik vir die besoekers te maak. Sy tree ook as gids op.
 
Die museum kan, met hulp van die sentrale regering, en met kundige en professionele kennis, ook om die klem op die Vredefort-koepel te plaas, met groot vrug as ’n belangrike toeriste-attraksie van die dorp aangewend word.

Besoekers kan daagliks, behalwe Woensdae, van 10:00 tot 15:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00 die museum besoek.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.