Groot dag kry toe sokkerkinkel

2010-06-18 14:01

BETHULIE. – Mev. Anne Kitschoff van Huis Uitkoms op die dorp het verlede week ’n heerlike verrassing gekry met die viering van haar 94ste verjaardag.

Sy vertel aan die gaste wat haar verrassingspartytjie bywoon, dat sy teen die middag van 8 Junie in haar enigheid gedink het dat dit jou wrintieswaar die slegste verjaardag was wat sy nog ooit gevier het, maar dat “dinge in ’n minuut kan verander”!

Dit is inderdaad hoe blitsig sy van plan moes verander toe opwindende dinge vinnig begin gebeur het.

Haar dogter, Bethulie se staatsaanklaer mev. Anne Pretorius, haar kleindogter, mev. Anne (“klein Anne”) van der Vyver van Bloemfontein, en laasgenoemde se seuntjie, Eduan, het vir haar ’n verrassingspartytjie gereël waar die sewejarige Eduan, haar jongste agterkleinkind, spesiaal vir haar op die viool gespeel het.

Dit was egter nie die einde van die opwinding nie. Die uitvoerende burgemeester van die Xhariep-distriksmunisipaliteit, mnr Mongi Ntwanambi, sowel as Bethulie se burgemeester, mnr. Xolile Matwa, albei boorlinge van Bethulie, het spesiaal van Trompsburg af deurgery om haar te kom gelukwens en ’n pragtige geskenk saamgebring.

As teenvoeter vir die koue en in die gees van die sokker, het sy heerlike kombersies, asook ’n lekker warm opgestopte Suid-Afrika-sokkerbaadjie gekry.

Sy het juis ’n bietjie koud gekry en kon daar en dan die kombersie inwy en oor haar bene gooi, terwyl Ntwanambi haar met deernis gehelp het om die warm baadjie aan te trek.

Ouma Anne het dadelik in die 2010 WB-gees ’n groot Bafana Bafana-ondersteuner geword, terwyl die teenwoordiges besluit het al wat sy nog kortkom, is ’n hoed en ’n vuvuzela!

Haar twee ander dogters, Ellen en Elma, en hul mans kon ongelukkig nie op Bethulie wees vir die partytjie nie.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.