Gehalte-verblyf belangrik

2011-07-27 17:06

Volgens die jongste Suid-Afrikaanse Toerisme-sakeoorsig wat vroeg in Junie bekend gestel is, het binnelandse toerisme in 2010 met ongeveer 8% gedaal. Mense wat vroeër baie met vakansie gegaan het, trek nou die gordel stywer en oor die algemeen word ’n afname in besettingsyfers in die huisvestingsektor ondervind. Daar heers selfs ’n prysoorlog in byvoorbeeld Kaapstad tussen hotelle en gastehuise met hotelle wat hul tariewe verlaag na wat die gastehuise vra.

Op die platteland word soortgelyke kompetisie en daling in besettingsyfers ondervind. Hoe dus nou gemaak om besettingsyfers konstant te hou en in die mededingende omstandighede groei te toon?

Gastehuise en die plaaslike hotel is meestal die ruggraat van ’n klein dorp se toerismebedrywighede. Dit is die toeris se kontakpunt met die plaaslike gemeenskap en die ervaring wat die toeris daar het, gaan sy/haar houding teenoor die dorp meestal bepaal. Dit is nie ongewoon dat wanneer mense met mekaar oor ’n dorp gesels, hulle hul ervaring oor huisvesting bo-aan die gesprekslys plaas nie.

Waarde vir geld en uitstekende dienslewering is twee van die belangrike pilare waarop ’n suksesvolle gastehuis rus. Niemand wil buitensporige pryse vir substandaardverblyf betaal nie.

Verder is die platteland ook vir sy gasvryheid bekend. Indien die besoeker nie tipiese gasvryheid in die dorp se huisvestingsektor ervaar nie, gaan sy terugvoer oor die dorp na die negatiewe kant neig. Karaktervolle huisvesting, bekostigbare pryse, eg plattelandse gasvryheid en unieke maaltydervaringe is waarna die besoeker soek. Dit is dus belangrik dat produkeienaars besef hul standaarde moet hoog wees en bly – anders gaan die kompetisie hul besigheid afrokkel.

Vind dus gereeld uit wat gaste se ervaring was, slaan ag op kritiek en maak werk daarvan.

Deur te weet wat toeriste ervaar en op die kennis voort te bou en te verbeter, kan jou onderneming groei toon en groter markaandeel wen.

  • Johan Hattingh is ’n dosent aan die Skool vir Toerisme, Gasvryheid en Sport aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat. 

Kriteria

DIE kriteria waarvolgens die finale drie dorpe beoordeel word, is:

  • Beskikbaarheid, gehalte en voldoende padaanwysers na die dorp;
  • Beskikbaarheid, gehalte en voldoende toerisme-aanwysers op die dorp; 
  • Bestaan van doeltreffende toerisme-inligtingsentrums (sentrums, vulstasies, kiosks); 
  • Beskikbaarheid van toerisme-inligting ná ure; 
  • Gehalte van infrastruktuur; 
  • Gehalte van toerisme-trekpleisters en toepaslike inligting daaroor; 
  • Algemene netheid van dorp; 
  • Beskikbaarheid van netjiese huisvesting; 
  • Beskikbaarheid van gegradeerde huisvesting; 
  • Beskikbaarheid van vervoerstelsel na Bloemfontein; 
  • Sake-ure van restaurante, kroeë, geriefswinkels, ensovoorts; 
  • Bestaan en funksionering van ’n toerisme-forum; 
  • Bestaan en funksionering van ’n sakekamer; 
  • Algemene vlak van diens by supermarkte, geriefswinkels, ensovoorts; 
  • Beskikbaarheid van ’n webwerf; 
  • Netheid van parke en oop erwe; 
  • Gehalte en sigbaarheid van laaisones, geenparkeerplek-gebiede, ensovoorts; 
  • Netheid van parkeersirkels en eilande, byvoorbeeld wit en geel strepe; 
  • Toeganklikheid vir mense met gestremdhede by kernattraksies; 
  • Algemene stand van openbare dienste soos mediese, polisie-, veiligheid- en nooddienste; 
  • Die gehalte van die tien topdorpe se uitstallings tydens die toerismekongres in Bloemfontein; 
  • Die kennis en geesdrif van personeel by inligtingskantore op die dorpe; 
  • Deelname van inwoners in die kompetisie; 
  • Betrokkenheid van munisipaliteit en private sektor;
  • Die beskikbaarheid en gehalte van uitdeelstukke en brosjures.
Pryse

Die wendorp in 2011 se kompetisie ontvang ’n minimum van R45?000, asook ’n borgskap van sowat R20?000 vir die makietie op die dorp.

Die borge se bydraes is soos volg:

  • Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, se Skool vir Toerisme, Gasvryheid en Sport – R15?000.
  • PwC – R15?000. PwC borg ook die weeklikse Facebook-kompetisie waarin leerlinge R250 kan wen en is die amptelike ouditeur van die kompetisie.
  • Capitec-bank – R15?000.
  • AHI-Vrystaat – Die makietie op die wendorp ter waarde van R20?000.
  • Volksblad-Kontrei – Mediablootstelling aan die projek en die wendorp.
Signwrite van Bloemfontein borg die bord by die wendorp wat sal aankondig dié dorp het die kompetisie in 2011 gewen.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.