Geboutjie het besonderse status

2011-05-19 11:13

’n KAPELLETJIE op die Griekse eiland Mykonos.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PHILIPPOLIS. – Op ’n bult suid van die dorp staan ’n eenvoudige reghoekige geboutjie van steen wat gepleister en witgekalk is. Vir baie herinner dit aan ’n kapelletjie op ’n Griekse eiland.

In werklikheid is dit ’n kruitmagasyn uit die Middel-Republikeinse periode wat in 1991 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is tesame met 10m² grond om dit.

’n Rede waarom dit hierdie status ontvang het, is dat daar nie soortgelyke geboue in die Vrystaat behoue gebly het nie.

“Naas die kruithuise van klip by Luckhoff en Boshof wat van die 1890’s dateer, is die kruithuis by Philippolis sover bekend die enigste voorbeeld van dié soort bouwerk wat in die Vrystaat behoue gebly het. Die gebou is boonop uniek in sover dit wat materiaal, ontwerp en ouderdom betref, van eersgenoemde twee kruithuise verskil,” skryf prof. Andries Raath.

“Teen die einde van 1861 het die Griekwas al hul oorblywende grond in die Vrystaat, insluitende Philippolis, aan die Vrystaatse regering verkoop.

“Kort ná sy aankoms op Philippolis het die resident-vrederegter, F.K. Höhne, in ’n brief gedateer 8 Januarie 1862, van die staatsekretaris verneem wat gedoen moet word met betrekking tot die verkoop van krygsbehoeftes, aangesien daar geen kruitmagasyn op die dorp was nie,” luidens ’n voltooide datavorm van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede (RNG – Desember 1989).

“In Januarie 1871 het die Kommissie van Toesig oor Publieke Werke en Geboue vir die distrik Philippolis gerapporteer dat hulle die nuutopgerigte kruitmagasyn op die dorp geïnspekteer het. Dit is deur James Spirit teen ’n koste van £75 opgerig ingevolge ’n tender wat op 1 Oktober 1870 deur die Staatspresident goedgekeur is.”

Die kommissie was tevrede met die opgerigte kruithuis, maar het aanbeveel dat ’n weerligafleier opgerig moes word vir die veiligheid van die gebou, die kruit en ammunisie, asook vir die openbare veiligheid. Sou die kruit wat hierin geberg word ontplof, sou dit ’n aardskuddende affêre wees.

Die kommissie was ook van mening dat die duursaamheid van die gebou deur die aanbring van geute verhoog sou word.

Die lansetboogvormige houtdeur is met ’n staalplaat aan die buitekant voorsien om dit teen verwering te beskerm. Die gebou het verder ’n koepelvormige betondak, ’n klipfondament en ’n sementvloer. Die enigste werklike versiering is ’n geprofileerde kroonlys wat bo langs die fasade aangebring is. ’n Driehoekige pediment bekroon dit.
Uit die voorafgaande sal argitektuurkenners jou vertel dat die geboutjie nie van die Griekwa-tydperk dateer soos dikwels vermoed word nie, maar wel uit die Middel-Republikeinse periode.

“Met sy geprofileerde kroonlys vorm die kruithuis deel van die Karoo-argitektuur wat so kenmerkend is van Philippolis se boukuns.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.