Duur krag raak dié Bethulie-gesin nie

2011-07-27 17:06

JOSHUA PARKS in die kombuis by die Esse-stofie wat die hele kombuis verhit en ook omskep is sodat drie kastrolle met gemak daarop pas. Bokant die stoof hang pasgemaakte pasta met die skoorsteen sigbaar agter die pasta. Regs teen die muur is die rak s

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BETHULIE. – Baie mense slaan hul hande saam wanneer hulle besef watter impak Eskom se jongste tariefverhogings op hul sakke gaan hê. Op dorpe soos Bethulie, waar almal voorafbetaalde krag koop, word verbruikers dadelik met die werklikheid gekonfronteer wanneer hulle sien hoeveel minder eenhede hulle in ruil vir dieselfde bedrag kry.

Mnr. Peter Parks, sy vrou, Jenny, en hul kinders Ruth, Rebekah, Joshua en Hannah, is ’n hegte gesin met baie liefde en warmte in die huis.

Toe die Parks-gesin ses jaar gelede Kaapstad vir ’n eenvoudiger, rustiger en gehaltelewenstyl op Bethulie verruil het, moes hulle aanpassings maak om aan hul nuwe behoeftes te voldoen. Een van hul uitdagings was die teiken wat hulle vir hulself gestel het om nie meer as 15 eenhede elektrisiteit per dag te gebruik nie.

Dit is ’n gesinspoging waar almal take en verantwoordelikhede het wat meehelp en bydra tot hul suksesresep. Nadat hulle dit vier tot vyf maande lank gemonitor het, het hulle besef dat hulle deur hul nuwe gewoontes, asook die aanpassings wat hulle gemaak het, maklik daarin kon slaag om hul energieverbruik selfs laer af te bring – somer én winter.

Verhitting, warm water en kosmaak in die winter

Op ’n ysige, bewolkte winterdag met ’n skaam sonnetjie wat probeer deurbreek, maak die Esse-stofie in die kombuis die vertrek heerlik warm. Die stofie se skoorsteen is om praktiese redes binne-in die kombuis – dit was voorheen in die muur ingebou. Só word die ekstra hitte benut om die hele vertrek te verhit. Die boonste gedeelte van die stofie wat half gerond is, is verwyder en met ’n plat staalplaat vervang om ’n oppervlak te skep waarop minstens drie groterige kastrolle en ’n ketel pas.

Hulle gebruik hout wat uit hul eie tuin kom en wat hulle in gepaste groottes opsaag om die Esse se magie vol te stop. ’n Entjie bokant die stofie teen die muur is ’n rakkie, afkomstig van ’n ou stoof, opgesit. Die hitte wat opstyg, verwarm die koue borde of koppies en pierings. Dit is ook ’n goeie plek om bevrore voedsel te ontdooi.

In die somer berg hulle alle papier om dit in die winter ook te gebruik vir vuurmaak in die Esse. Langs die stoof staan een van die groot kartondose waarin isolasiemateriaal knus rondom en bo-op ’n kastrol pas om dit warm te hou – ’n tipe “broeikas”.

Langsaan staan ook elektriese stoof waarin brood gebak word. Vir effektiewe energiebenutting en vir besparingsdoeleindes, beplan hulle vooruit sodat hulle die oond vir ander gebak kan gebruik nadat die brood klaar is.

Die kinders word tuis onderrig in ’n vertrek waarin daar ook ’n Esse-verwarmer is. Hulle het ook hierdie verwarmer se skoorsteen uit die muur gehaal sodat die energie in die badkamer gebruik kan word waar dit die nodige hitte in die koue wintersmaande voorsien.

Daar is ’n warmwaterfles in die kombuis en ’n pompaksie-tipe in die badkamer. Alle oortollige warm water word daarin gegooi sodat die kinders hul hande daarmee kan was.

Die kinders se program word in die winter aangepas by die weersomstandighede. Beplanning geskied só dat almal saam in die kombuis aan hul verskillende take kan werk, sou dit te koud wees in die klaskamer.

Warm water en kosmaak in die somer.

In die somer is die son die gesin se hoofenergiebron vir kosmaak én warm water. Hulle gebruik drie sonstowe. Die eerste een, ’n geskenk van Swede, is van gepoleerde aluminium gemaak en is baie kragtig. Dis in ’n paraboliese vorm, een meter deursnee en 150?cm diep en saamgestel uit verskillende “bane”. Dit lyk soos ’n silwer satellietskottel. Parks het dit gebruik om die patroon af te sny waarna hy toe met masonite twee soortgelyke sonstowe gemaak het wat hy met swaargewig-aluminiumfoelie oorgetrek het. Al blink die twee tuisgemaakte sonstowe nie soos die Sweedse model nie en is hulle nie so kragtig nie, is hulle effektief. Hulle verduidelik die nadeel van die stowe is dat ’n mens die hoek daarvan gereeld moet skuif wanneer jy kosmaak, maar dat hul kinders help omdat hulle tuis onderrig word.

’n Boorgat met ’n elektriese dompelpomp voorsien in die meeste van die gesin se waterbehoeftes. ’n Stuk swart landboupyp van 200?m lank (deursnee 1.25 duim) wat in ’n veilige hoek in die tuin plat op die grond gesirkel lê, verskaf in die somer vir die huishouding warm water. Die pyp met die afdraaikrane en ander konneksies het hom minder as drie jaar gelede slegs R700 uit die sak gejaag en verskaf na raming 100F water. Hulle het die water se hitte op 60 grade Celsius gemeet – te warm om alleen te gebruik.

Elektriese wasmasjien

Die gesin se bolaaier-wasmasjien maak ook voorsiening dat hulle van die warm water daarin kan gooi vir ’n warm was.

Die Parkse geniet die samesyn van die gesin. Hulle het lewensgehalte en sal hul nuwe lewenstyl op Bethulie vir niks in die wêreld verruil nie.
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.