Boer borrel oor van watervreugde

2010-05-18 20:22

BETHULIE. – Mnr. Hennie TerreBlanche van die plaas Ganspoort in die distrik borrel oor van vreugde wanneer hy vertel van sy grootste verjaardaggeskenk nog.

“Dit is die eerste maal dat ek agter ’n droom aan boor,” het die boorman vir hom gesê.

Die boorman, met 34 jaar se boorondervinding wat ondersteun word deur elektromagnetiese toerusting, het TerreBlanche verseker daar is ’n soliede dolomietbank op die plek wat TerreBlanche aangedui het en dat daar vir seker geen water kon wees nie.

Tot die boorman se verbasing moes hy later erken dit is die beste boorgat wat hy nog gesink het – uit ’n gemiddeld van 400 gate per jaar. Die boorproses was vir TerreBlanche ’n geloofstoets.

Op 27m in die dolomiet het rook uit die 400 perdekrag-boormasjien gedraai. Dit het vasgebrand, die boordery is gestaak en die boor is opgetrek.

Drie weke later het TerreBlanche die boorman versoek om dieselfde gat verder te kom boor. Hy was nie tuis toe die boordery hervat is nie, maar op dieselfde dag, op 53m, is sulke sterk water raakgeboor dat dit nie presies deur die boormasjien gemeet kon word nie, maar geraam is op 100 000F/h. Dit is voldoende om ’n volle 20 ha te besproei.

Sy vrou, Hanlie, het hom dadelik in kennis gestel nadat die boorman haar met die goeie nuus kom roep het. By sy tuiskoms het almal op die plaas, asook buurman Koot Preto-rius, boorman en werkers, saam die Here geloof by die water wat uit die gat die lug in gespuit het.

Net meer as 10 jaar gelede het TerreBlanche die eerste keer gedroom daar is op daardie plek so baie water dat hy bang is hy val daarin en dat hy wonder hoekom hy dit nie gebruik nie.

Hy kon die droom nooit vergeet nie en het dieselfde droom presies drie maal gedroom. Hy het eers besluit om dit te toets toe die spruit vanjaar leeggeraak het.

’n Paar weke gelede het hy die boorman laat kom en versoek om die gat op dié spesifieke plek te sink. Op daardie tydstip het hy reeds besef die Here praat met hom in drome.

Sy eerste gewaarwording daarvan was net voor die eerste “water”-droom toe hy en ’n familielid ’n ernstige geskil gehad het. Nadat hy om ’n oplossing gebid het, is Jak. 4 in ’n droom aan hom uitgewys (dat die rusies is weens selfsugtige begeertes) en is die geskil bygelê.

Dat die TerreBlanche-gesin nog in Suid-Afrika woon en boer, is ook vanweë ’n droom. Nadat sy neef na Nieu-Seeland geëmigreer het, het hy en sy broer dit oorweeg om hom te volg.

Hulle het die saak bespreek en toe besluit om eers daaroor te bid. Dieselfde nag het hy wakker geword nadat hy oor Ps. 119 gedroom het en sy antwoord daarin gevind dat hy hom nie moes steur aan wie die land regeer nie, maar “dien jy net die Here”.
Albei het toe besluit om te bly.

TerreBlanche meen hulle albei ervaar baie seën en noem onder meer sy broer se onderneming het gegroei van vier vragmotors op daardie tydstip na 100 vragmotors nou. Ganspoort het waarskynlik sy naam te danke aan die mooi poort waar die ganse broei en Slikspruit wat deur die berge loop.

Slikspruit loop oor die plaas waar TerreBlanche 25?ha-lusern onder besproeiing het. Water is ’n passie en kosbare kleinood wat van die uiterste belang vir die boerdery is. Die Slikspruit se oorsprong is van twee kante – Trompsburg en Smithfield – en dit word gevoed deur fonteine wat nie standhoudend is nie. Wanneer die reën dus wegbly, droog die spruit se water op en besproeiiing is nie moontlik nie.

TerreBlanche boer reeds 28 jaar op Ganspoort. Veertig jaar voordat hy hom op Ganspoort gevestig het, het sy oupa geld vir ’n familielid geleen om die plaas te koop toe laasgenoemde longprobleme opgedoen het en nie met sy loopbaan in die myn kon voortgaan nie.

Toe die plaas in 1982 ná die familielid se dood op ’n veiling gekom het, het Terreblance se pa dit gekoop as “troefkaart”, omdat hy planne gehad het om in Namibië te gaan werk.

TerreBlanche het kort tevore uit sy onderwyspos aan Grey-kollege in Bloemfontein bedank om ’n pos by Etosha in Namibië te aanvaar, maar het hom toe op die plaas kom vestig waar hy sedertdien boer.

Twee jaar later is hy getroud met Hanlie en sedertdien woon hulle op Ganspoort waar hulle benewens die boerdery en ’n vervoeronderneming ook ’n bediening het waar hul fokus op plaaswerkers, jeuggroepe en huweliksverryking is.

TerreBlanche noem dit was van meet af aan hul passie om hulle daarop toe te lê om medewerkers in die uitbreiding van die koninkryk van Christus te wees.

Die egpaar se oudste twee seuns, George en Christo, is in Bloemfontein, terwyl die laatlam, “klein” Hennie, ’n leerling aan die Laerskool Trompsburg is.


 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.