Biblioteekgebou se 30 jaar gevier

2011-06-22 09:35

VREDE. – Vriende van die Vrede-biblioteek het onlangs saamgekom om die 30-jarige ingebruikneming van die huidige biblioteekgebou te vier.

Me. Jenny Wessels, ’n oudinwoner van Vrede en destyds toonaangewende kultuurleier op die dorp, het as raadslidvrou in die vroeë 1980’s ywerig gewerk om hierdie praggebou vir die gemeenskap tot stand te bring.

Dit is deur haar toedoen dat die Baldinelli-mosaïek aan die buitemuur pryk. Hierdie kunswerk is in 1981 deur die destydse Sukovs aan die biblioteek geskenk. In haar verwelkomingswoorde het die huidige bibliotekaris, me. Gretchen Gerber, die belangrike en ondersteunende rol van die Phumelela-munisipaliteit beklemtoon. Gerber het bevestig die goeie gesindheid van die munisipaliteit dra grootliks tot die instandhouding van die biblioteek as inligtingsbaken by.

Gerber het met lof van die vorige bibliotekarisse, mes. Greta Bruwer ( 1981 tot 1987), Rika Marais en Lida van Zyl, gepraat. Marais het in 1999 afgetree en woon nou in Bloemfontein. Van Zyl was 15 jaar by die Vrede-biblioteek betrokke. Almal is geliefde mense – bekend aan oud en jonk op Vrede.

Die goeie spanwerk en samewerking met die distriksbiblioteekdiens onder leiding van me. Ilse Craven beteken baie vir die gemeenskap van Vrede, het Gerber gesê. Mnr. Josie Ralebenya, direkteur: koöperatiewe dienste van die Phumelela-munisipaliteit, het die belangrike rol wat rekenaars in die opvoeding van die jeug van die gemeenskap speel, beklemtoon.

Die Vrede-biblioteek het nou rekenaars om leerlinge met skoolverwante take te ondersteun. Die biblioteek se rol as poort tot tegnologie en inligting is deur Ralebenya geprys. 
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.