Ambisieuse sjef ryg medaljes in

2010-06-30 06:00

BETHULIE. – Wanneer jy Eduan Pretorius vra wat hy ná skool wil doen, hoor jy dadelik: “Ek wil ’n sjef word”. Al is hy net in gr. 7, stel hy reeds sy visier daarop om eendag na ’n sjefskool te gaan.

Eduan, ’n leerling aan die Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg, het in 2009 sy kleure verwerf en lid van die Vrystaatse junior jeugskouspan geword. Hy is vanjaar weer ’n spanlid en spog met vyf medaljes wat hy in die suiwelafdeling gewen het – vier goud en een silwer.

Nadat hy slegs ’n jaar gelede die eerste keer aan ’n kompetisie deelgeneem het waarin hy ’n tweede plek verower het in die tuisnywerheidsafdeling het hy oorgeskuif na die suiwelafdeling waar hy skoonskip gemaak het.

In die nasionale kompetisie op Magaliesburg het hy tweede in sy ouderdomsgroep in die land geëindig. Hy het goue medaljes op die Boertjiefees op Bultfontein, die Boeredag-jeugskou op Reddersburg en die Vrystaatse kampioenskappe wat op Kroonstad gehou is, asook op Vryburg, gewen.

In laasgenoemde kompetisie het hy ook weggestap met die trofee vir die beste drinkjogurt, gewone jogurt en maas en op Magaliesburg met ’n toekenning vir die naasbeste tafel.

Eduan het in 2009 erekleure by sy skool ontvang vir suiwelbereiding, ’n vak wat hy buitemuurs neem.

Op 4 September het hy weer in die suiwelafdeling op die Boertjiefees op Bultfontein deelgeneem en van 21 tot 24 September aan die junior nasionale kampioenskappe by Morgenzon, Mpumalanga.

Hy is reeds ’n entrepreneur van formaat en help om die koste vir deelname aan die kompetisies te finansier deur sy tuisgemaakte produkte te bemark en verkoop.

Kopers kan tussen die “wêreld se gevaarlikste sjokoladekoek” in ’n koppie, ’n geskenkpakkie, souspoeier en braaisout kies.
Hy vertel hy oefen hard en kan nie voorbly nie, omdat sy susters graag sy produkte eet.

Eduan is die jongste seun van advv. Theo en Marinda Pretorius. Laasgenoemde is landdros op Bethulie.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.