2011-08-10 12:19
Ysig huil die winterswind deur stofbedekte strate, om die hoeke van geboue - ’n baie ver gesig van skoonheid wat slegs in sprokiesverhale gevind word.
2011-08-10 12:19
Vir Ronel Moodie, ’n gebore Vrystater, Kwêla-regisseur en spanleier vir die skiet van ’n televisiebydrae oor die sanger Snotkop op die dorp, is die uitvoering van haar taak tweede natuur.
2011-07-27 17:06
Vyf van die tien topdorpe in die Volksblad-Toerismedorp van die Jaar-kompetisie is vanjaar die eerste keer op die lys.
2011-07-27 17:06
“My Afrikaans is nie vlot, maar ek probeer. Gee my drie jare dan sal ek mooi vlot Afrikaans praat!” Só het die Vrystaatse LUR vir toerisme, ekonomiese en omgewingsake, mnr. Mxolise Dukwana, Vrydagaand op die derde Sterre-en-Planete-aand by die Golden Gate-hotel die gaste gegroet.
2011-07-27 17:06
Baie mense slaan hul hande saam wanneer hulle besef watter impak Eskom se jongste tariefverhogings op hul sakke gaan hê.
2011-06-22 09:35
Die maak van dekorartikels, wat as ’n stokperdjie begin het, het tot ’n heeltydse onderneming vir Teresa du Plessis van Du Plessis Decor op die dorp uitgebrei.
2011-06-19 12:07
Die Ystervrou van Suid-Afrikaanse sport. Gerda van Solms glimlag breed wanneer jy van haar praat as die magtigste vrou in Suid-Afrikaanse rugby.
2011-06-19 12:07
Internasionale Gesinsdag is op 15 Mei gevier. Die jaar 1994 is deur die Verenigde Nasies as Internasionale Jaar van Gesinne afgekondig.
2011-05-25 06:02
Sonder verantwoordelike bemarking kan toerisme op Clarens nie ’n mededingende en volhoubare bedryf bly nie.
2011-05-25 06:02
Die onlangse aankondiging dat hier ’n private hospitaal gebou gaan word, is met opwinding en dankbaarheid ontvang.
2011-05-19 11:13
Op ’n bult suid van die dorp staan ’n eenvoudige reghoekige geboutjie van steen wat gepleister en witgekalk is.