Wat beplan Kovsies vir die Junie-vakansie?
2011-05-17 10:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Lynette Kruger en Adéle Kotzé
AL is die eksamen nou alle studente se hooffokus is die komende vakansie ook nie te ver in die toekoms nie. Kampus-Volksblad het gaan uitvis wat Kovsies vir die vakansie beplan.
Joanel Coetzer, eerstejaarstudent in B.Ed., sê sy gaan saam met haar ouers na die Drakensberg.
Carina Opperman, ’n derdejaarstudent in menslikehulpbronbestuur: “Ek gaan werk en boer.’’
Johan Eilerd, ’n vierdejaarstudent in LL.B., sê: “Ek beplan om ’n show in Pretoria by te woon – 64 DJ’s!’’
Luzine O’Connor, ’n eerstejaarstudent in mediastudie en joernalistiek, sê: “Ek gaan tyd saam met my seun deurbring, saam met vriende kuier, verloof raak aan Johan en die vakansie trou.’’
Madie Buitendag, ’n arbeidsterapiestudent in haar tweede jaar, sê: “Rus, rus, rus! By almal kuier by wie ek nie deur die kwartaal kon uitkom nie.’’
Rocco Carr, ’n tweedejaarstudent in B.Agric.: “Ek gaan plaas toe en dan Kaap toe saam met my meisie, Emsie.’’
1
2
3
4
5
Foto's:
1 - JOANEL COETZER
2 - CARINA OPPERMAN
3 - JOHAN EILERD en Luzine O’Connor.
4 - MADIE BUITENDAG
5 - ROCCO CARR
- Volksblad