Storm om referendum oor UV-leuse

2011-01-31 15:26

Moet God se naam uit Kovsies se leuse weggelaat word?

Dit is die vraag wat AfriForum verlede week in ’n referendum oor dié onderwerp aan studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gestel het.

Die opname is onder studente by die mediese kafeteria, sowel as by koshuise, gedoen.

Volgens die opname het 93,2% van die respondente aangedui dat hulle nie met die leuseverandering saamstem nie.

Volgens AfriForum is die opname gedoen in die lig daarvan dat die UV-bestuur dié besluit geneem het nadat hy die verteenwoordigende studenteraad (VSR) verlede jaar ontbind het ?en ?studente ?wat nie deur die studentegemeenskap verkies is nie in die plek van die VSR aangestel het.

Dit het tot gevolg gehad dat die besluit oor die vakansie deurgevoer is sonder enige konsultasie met studenteverteenwoordigers.

AfriForum-Jeug het beplan om ’n omvattende referendum op die kampus te doen, maar het dit afgeskaal nadat hulle deur die UV-bestuur verbied is om die gevoel van die studente deur ’n wetenskaplike meningspeiling te toets.

Die respondente was breedweg verteenwoordigend van die UV se demografie wat ras, geslag, fakulteite, koshuise en dagstudente betref. Altesaam 44% van die respondente is swart en 56% is wit. Uit die respondente is 47% dames en 53% is mans.

Verskeie maatreëls is ingestel om te verseker dat die stemproses regverdig plaasvind. Studente moes onder meer hul studentenommers en kontakbesonderhede invul om te bevestig dat hulle wel studente van die universiteit is en stembusse is deurentyd verseël.

Me. Nikke Strydom, AfriForum-Jeug se woordvoerder, sê ’n universiteit is meer as net ’n plek om te studeer. Tradisie en trots is ook belangrik en ’n universiteit se leuse is deel hiervan.

Volgens Strydom kan geen besluite by ’n universiteit sonder die studente se insette geneem word nie, aangesien studente die hartklop van ’n universiteit is.

AfriForum eis dus dat die universteit na aanleiding van die uitslag van die opname hul besluit sal hersien.
Mnr. Rudi Buys, studentedekaan, het aan Volksblad gesê die UV keer nie die werkwyse en uitslag van die opname goed nie. Hy het gesê dit is “onverantwoordelik en onwetenskaplik”.

Volgens Buys is “daar geen manier waarop die geldigheid en betroubaarheid van die ‘referendum’ getoets kan word nie. Daar is ook geen bewyse dat etiese en vertroulikheidsklousules vir die opnames gevolg is nie.”

Buys het ook aan Volksblad gesê dat die UV nie sal huiwer om regstappe teen enige organisasie te doen wat die integriteit en waardigheid van sy studente bedreig of net studente wil misbruik om verskuilde agendas te bevorder nie.

Mnr. Ernst Roets, voorsitter van AfriForum-Jeug, het egter in ’n nuusverklaring gesê Buys ondermyn demokrasie op dié kampus deur op outokratiese wyse die vrye wisseling van menings deur studente te verbied en deur studenteverenigings wat van hom verskil te dreig dat hulle tot verbode organisasies op kampus verklaar sal word.

Met verwysing na Buys se pogings om die uitslag van die meningspeiling te bevraagteken het Roets gesê indien die UV eerlik is met pogings om die uitslag van die peiling verkeerd te bewys, sal die UV ’n amptelike referendum oor die saak uitroep om te wys waar studente se sentimente lê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.