Nuwe hoofhek steeds nie voltooi
2011-05-10 06:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
STUDENTE wag in spanning op die voltooing van die nuwe hoofhek uit Nelson Mandelarylaan wat die Universiteit van die Vrystaat (UV) ná die verandering van die handelsmerk begin oprig het.
In ’n verklaring wat op 3 Februarie uitgereik is, het me. Lacea Loader, UV-woordvoerder, gesê die projek sal einde Maart voltooi wees. Daar word egter steeds aan die hek gebou.
Loader het by navraag gesê “alles het tot dusver glad verloop en ons is tevrede met die bouwerk se vordering”. Volgens Loader sluit die werk wat nog aan die hek gedoen moet word “afwerking van die ingangstruktuur en aanbring van die akademiese handelsmerk, voltooiing van die suile met die fakulteite se kleure daarop, opknapping en verf van die sekuriteitsgebou en die inrig van ’n tuin” in.
Sy sê die bouwerk sal aan die einde van die kwartaal voltooi wees, waarna die hek amptelike geopen sal word.
“Die UV-bestuur sien uit na dié nuwe aansig van die hoofingang, aangesien dit die nuwe handelsmerk en beeld sal weerspieël en uitdra.”
DIE vooraansig van die UV se nuwe hoofingang. Foto: Leandi Kolver
- Volksblad