Meeste nog vang graad by UV

2011-05-17 10:30

Vanjaar se herfsgradeplegtigheid was vir die Brynard-gesin baie spesiaal. Nie net het een van hulle graad gekry nie, maar een was ook ’n gasspreker. Van links is Suzette, wat die graad B.Sc. ontvang het, Shéri, ’n Downsindroom-lyer wat dié teenwoordi

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

GESKIEDENIS is op vanjaar se herfsgradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gemaak deurdat die meeste kwalifikasies nog toegeken is.

Altesaam 3674 kwalifikasies is toegeken. Dit sluit 629 diplomas, 2613 baccalaureus- en honneursgrade, 372 meestersgrade en 58 doktorsgrade in.

Graduandi het voor die plegtighede in ’n tent aan die onderkant van die hoofgebou se grasperk bymekaargekom waarna hulle na die Callie Human-sentrum, waar die grade oorhandig is, gestap het.

Volgens mev. Lacea Loader, UV-woordvoerder, was die doel hiervan om die plegtigheid sigbaarder vir studente te maak. Die formaat van die plegtigheid het ook verder verander met die meesters- en doktorsgrade van elke fakulteit wat op een seremonie toegeken is in plaas daarvan dat elke fakulteit dié kwalifikasies individueel hanteer.

Al ses plegtighede het op dieselfde wyse verloop met me. Shéri Brynard, ’n Downsindroom-lyer, wat as gasspreker die graduandi aangemoedig het om niks in hul pad te laat staan om hul drome te bewaarheid nie. Sy het gesê dit is in elkeen se mag om beheer te neem oor sy of haar eie lewe.

Vir Shéri en haar gesin was dit ook om ander redes ’n besonderse geleentheid. Haar sussie Suzette het die graad B.Sc. verwerf en haar ma, dr. Susette Brynard van die UV se Skool vir Opvoedkunde-studie, was promotor vir ’n doktorsgraad wat toegeken is. Haar pa, Jerry, was jare lank aan die UV verbonde. Hy is reeds oorlede.

DW Bester, ’n Rhodes-beurshouer van Kovsies, het nie net die geleentheid gekry om die graduandi en die gehoor op elke herfsgradeplegtigheidsessie toe te spreek nie, maar is ook met ’n senaats- en dekaansmedalje vereer. Laasgenoemde is aan hom oorhandig as eerbewys vir sy eerste plek in die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe, wat hy met mnr. Ryan Eric Lamb deel.

DW werk nou as navorser by die Reserwebank in Pretoria.

Dié werkgeleentheid is ’n uitvloeisel van die beurs wat hy gekry het.

Verskeie kinders van UV-personeel het ook op dié gradeplegtigheid hul grade ontvang.

Marthinus Ras, seun van mnr. Jan Ras, ’n dosent aan die departement argitektuur, het ’n B.Com.-graad in rekeningkunde ontvang.

Hannerie Hay, dogter van prof. Driekie Hay, vise-rektor: akademies, het ’n graad in B.Com.-regte ontvang.

Wessel van Zyl, seun van prof. Gert van Zyl, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe, het ’n graad in B.Com.-rekeningkunde ontvang.

Leandré Wilken, dogter van mev. Tertia Wilken van Xerox op die hoofkampus, het die graad B.Ed. in voorskoolse en laerskoolonderwys ontvang.

Sandra Venter, dogter van mnr. Nick Venter, adjunkdirekteur van studente- akademiese dienste, het die graad B.Soc.Sc. (verpleegkunde) ontvang.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.