Kovsies swig voor sprokiestroue (vox pop)
2011-05-10 06:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
DERDUISENDE mense het op Vrydag 29 April in Londen se strate saamgedrom en ’n verdere 2 miljard mense het op TV gekyk toe prins William en Kate Middleton op sprokiesagtige wyse mekaar die ja-woord gegee het.
Ook in Kovsieland het studente vasgenael gesit om die gebeure gade te slaan.
’n Paar Kovsies het aan Kampus-Volksblad vertel waarom hulle gekyk het.
Landi-Mari Loubser (arbeidsterapie, vierde jaar en primaria van Huis Vergeet-My-Nie) sê daar was ’n hele groep meisies in een van die kamers wat die gebeure gevolg het. Van die meisies het selfs ’n traan of twee weggevee toe die paartjie hul beloftes aan mekaar gemaak het.
Kendyl Barber, een van dié meisies, sê: “We watched because every girl wants to believe that there is a prince out there for her, and that she can also have a fairytale wedding.”
Troukoors het ook by Huis Akasia geheers waar ongeveer 25 meisies in die TV-kamer was om die gebeure dop te hou. Nida Jooste, ’n vierdejaar-inwoner van die koshuis, sê sy was nie van plan om die troue te kyk nie, maar kon later nie anders as om haar ook by die groep aan te sluit nie.
Kekeletso Makhoti, a third-year student in psychology, said she watched the wedding because “I just wanted to see the royal kiss! Watching it also gave me hope that one day I’ll also get married to my prince.”
Elouise du Toit, ’n derdejaarstudent in B.Rek., het nie die hele troue gekyk nie, omdat dit vir haar te langdradig was. Sy het wel net gekyk om seker te maak Kate sê ja. “Kan jy dink hoe ’n groot skandaal dit sou wees indien dit nie die geval was nie!”
Die troue het ook nie net die vroulike geslag op kampus se aandag getrek nie. Herman Naudé, ’n nagraadse onderwysstudent, sê: “Natuurlik het ek dit gekyk, hulle noem dit die troue van die eeu en 180 lande van oor die wêreld het dit uitgesaai, waarom wil ’n mens dit mis? En Kate is regtig hot!”
Duane Nienaber, ’n oud-Kovsie, sê hy het dit gekyk omdat dit die eerste koninklike troue was wat in sy leeftyd plaasgevind het en hy hou van die manier waarop die tradisies voortgesit is.
1
2
3
4
5
6
Foto's:
1: DUANE NIENABER
2: ELOUISE DU TOIT
3: KEKELETSO MAKHOTI
4: NIDA JOOSTE
5: KENDYL BARBER
6: HERMAN NAUDÉ
- Volksblad