Kagiso verras met eerste plek op sêr

2010-03-09 13:53

KAGISO skitter toe met ’n eerste oorwinning op Stagedoor!

Dat Trei Tekateka, primarius en ook afrigter van Kagiso, sprakeloos was toe hul naam as wenners van die mansafdeling in die sêr-eindronde uitgeroep is, is te verstane.

Roosmaryn het die eerste plek onder die dameskoshuise verower.

“We used to be down in the slumps on campus, and now we are here slugging it out with the big dogs!” het Trei oorstelp gesê.

Nie een van die gewone groot kanonne, wat gewoonlik die sêr-titels opraap, soos Veritas, Sonnedou, Marjolein of JBM, kon ’n eerste plek in vanjaar se algehele kompetisie behaal nie.

Die tema van vanjaar se Stagedoor was If only, wat ironies ingepas het by gebeure wat Stagedoor voorafgegaan het.
Op ’n sitting van die studenteparlement, vier dae voor die sêr-rotasies, wou Sasco die reëls van Stagedoor verander.

Die VF+-Kovsies en die DA het daarteen gestem. ’n Amptelike dokument, onderteken deur alle HK’s vir kultuur op kampus, waarin almal saamstem met die reëls en kriteria van Stagedoor 2010, is op die sitting voorgehou. Sasco het dié dokument verwerp.

Die kriteria waaraan koshuise moes voldoen vir Stagedoor was sang 20%, atmosfeer 30%, produksie 40%, algeheel 10%.
Verlede Dinsdagaand was ’n nat en reënerige sêrrotasie vir die mans.

Heimat, wat amper uit Stagedoor geskop is, het wel deelgeneem, maar nie die eindronde gehaal nie.

Die Woensdagaand was dit die vroue se beurt om te roteer. Met albei aande was vroue- en mans-gazellies stampvol.
Net ses vroue- en vyf manshuise kon tot die eindronde deurdring.

Onder die vroue het Marjolein, N.J. van der Merwe, Roosmaryn, Soetdoring, Sonnedou en Wag-’n-Bietjie deurgedring, en Armentum, JBM, Kagiso, Kayalami en Veritas het die mans se naam hoog gehou.

Die eindronde is Vrydagaand in die Kovsiekerk se ouditorium gehou.

Johrné van Huyssteen, voorsanger van ddisselblom, was vanjaar die aanbieder van die eindronde. Aangesien dit sy verjaardag was, het die UV se SR vir kultuur, Iselma Kruger, hom gelukgewens.

Sy het soos ’n wafferse Marilyn Monroe destyds vir pres. J.F. Kennedy op sy verjaardag gesing het, vir Johrné gesing.
Die Stellenbosse groep Kaleidoskoop het die gehoor vermaak terwyl die uitslae verwerk is.

Die volledige uitslae is soos volg:
Algehele wenners:
1ste: Roosmaryn (vroue); Kagiso (mans)
2de: Marjolein (vroue); JBM (mans)
3de: Sonnedou (vroue); Veritas (mans)
Beste verweking: Marjolein (vroue) en JBM (mans)
Beste ontvangs: Emily Hobhouse (vroue) en JBM (mans).

Kagiso se drama en danspassies, wat vir hulle ’n eerste plek verseker het in hul eerste Stagedoor-eindronde, het ’n splinternuwe dimensie na Stagedoor gebring.

Kampus-kwessies van die tyd is in byna al die sêr-optredes in die eindronde aangeraak. Dit sluit in die bonde wat gesluit is, en eerstejaars wat hul skootrekenaars soek, maar steeds nie kry nie...

Armentum het op humoristiese en gepaste wyse met die If only-tema baie oor die skootrekenaars te sê gehad.

Koshuise soos Sonnedou en Veritas het weer op hul beurt die kwessies van die bonde met die tong in die kies opgehaal.
Roosmaryn was, net soos Kagiso, oorweldig deur hul eerste plek.

Jaco Griessel, wat ’n graad in drama het en nou ’n derdejaar-musiekstudent is, het hul verwerkings gedoen. Mieke du Plessis, die groep se hoofafrigter, het net trane van vreugde gehad.

Hannelise de Villiers, Roosmaryn se HK vir kultuur en derdejaarstudent in B.Rek, het gesê: “Ons het van die begin af glad nie gefokus op wen nie, maar net om dit te geniet, want op die ou end is dit waaroor Stagedoor gaan.

“Die Here het ons net geseën met so ’n groep talentvolle mense.” 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.