Hoe gemaak met intervarsity?
2010-03-09 13:53
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Die intervarsity teen die Pukke het onlangs in die studenteparlement onder skoot gekom toe Sasco-lede van die studenteraad gedreig het om dit te boikot, omdat die Pukke weier om te integreer, en omdat Kovsie-studente geen inspraak by die reëlings van die intervarsity het nie.
Kampus-Volksblad het gaan hoor wat Kovsies daarvan dink.
Leacrecia Prins, tweedejaarstudent in mediastudies, sê: “Hoekom wil hulle ’n tradisie verbreek wat al 80 jaar bestaan? Dit het gewerk, en dit kan steeds werk. Ons kan vir hulle leer oor integrasie en ons kan by hulle ook dinge leer.”
Nicole Snyders, tweedejaarstudent in maatskaplike werk, sê ’n stigma kleef aan die Pukke en Kovsies dat hulle rassisties is. “Hulle moet ander universiteite ook ’n geleentheid gee. Dis tyd vir verandering – ons sal nie leer as ons heeltyd net tradisies volg nie.”
Martin Nortjé, second-year student in Media Studies, says: “What they are trying to achieve with integration is a good thing. But the manner in which they try to achieve it, won’t work unless it is from a democratic angle. I think that they must not expect to change everything so quickly, especially not with an action like a boycott. These things take time.”
Rian Pieters, eerstejaarstudent in mediastudies, dink dit is ’n goeie idee. “Diversiteit kan geskep word deur ander universiteite te betrek. Pukke is Afrikaans; ons is Afrikaans. Hoe meer ander unversiteite (wat nie Afrikaans is nie) betrokke is, hoe beter gaan dit wees. Ons gaan meer van hul kultuur leer deur intervarsity.”
Elri Botha, tweedejaarstudent in mediastudies, sê tradisie moenie sommer net weggegooi word nie. “En as hulle dan regtig wil, moet hulle inters met verskillende universiteite reël, maar op ’n ander tyd. Sommige mense wil net moeilikheid maak.”
Callie Hendricks, eerstejaarstudent in mediastudies, sê: “Ek verstaan die integrasieding, maar miskien is verandering goed.”