HK-kwessie onder loep

2010-05-24 23:35

Talle koshuisinwoners het in 2009 moedeloos gesug toe skielik vereis is dat die huiskomitees uitgebrei moet word om meer divers te wees.

Met die verloop van die 2009-’10-HK-termyn het dit egter duidelik geword dié uitbreiding van die HK het groot bydraes tot transformasie gelewer. Die stelsel het egter nog baie haakplekke gehad en nuwe probleme het ontstaan.

Kampus-Volksblad het met mnr. Quinton Koetaan, die hoof van koshuis- en behuisingsaangeleenthede, oor dié verwikkelinge gesels.

Koetaan het reeds twee opeenvolgende Vrydae met die onderskeie koshuise se primariusse vergader en veral oor die getal HK-lede gepraat. Die meeste primariusse meen 13 is te veel, aangesien primariusse “toesig” moet hou oor al die portefeuljes – wat hul werk bemoeilik. Die nuwe portefeuljes was ook nie ewe funksioneel in al die koshuise nie.

Die verloop van verkiesings om transformasie in koshuise teweeg te bring is ook ’n probleem. Verbeterings in koshuise moet ook behoue bly sodat ’n nuwe HK daarop kan bou.

Koetaan het drie moontlikhede voorgestel. Eerstens kan ’n struktuur gevolg word waar ses wit en ses swart HK-lede, met ’n primarius, aangestel word.

’n Ander opsie is ’n “kwota”-stelsel, soos wat die Universiteit van Pretoria (UP) in sy koshuise toepas waar die HK die diversiteit in die koshuise moet weerspieël. Indien 80% van die koshuis dus wit is, moet 80% van die HK wit wees.

Die laaste en gewildste voorstel is dat HK-lede net “oop” verkies word, dus ’n gewone verkiesing sonder enige vereistes en regulasies.

So ’n verkiesing sal daartoe lei dat die beste leiers gekies word en diversiteit sal ’n natuurlike uitvloeisel hiervan wees.

Koetaan het beklemtoon dit sal ’n fyn, strategiese besluit wees wat nie geneem sal word sonder die bydraes van die studentedekaan, die rektor en die viserektor nie.

“Die uitgebreide HK’s was immers ’n plan wat van die rektor gekom het en daar sal nie daaraan verander word sonder om die rektor deel van die besluit te maak nie.”

Debat is ook gevoer oor of kandidate vir spesifieke portefeuljes verkiesbaar sal wees en of almal net “oop” verkiesbaar sal wees.
Koetaan sê ’n student wat vir ’n spesifieke portefeulje verkiesbaar is, het dalk ’n passie daarvoor, maar is nie noodwendig ’n goeie leier nie. Indien kandidate “oop” staan, sal die beste leiers verkies word en hulle kan hul voorkeure vir ’n spesifieke portefeulje ook dan bekend maak.

’n Ooreenkoms is bereik dat die HK-opleiding aangepas sal word om spesifiek portefeulje-opleiding in te sluit.

Oor of eerstejaars nou ook vir die HK verkiesbaar kan wees, het Koetaan gesê ervaring en bewese leierskap is nie die uitsluitlike eiendom van tweede- en derdejaars nie. Elke koshuis sal self hieroor moet besluit.

Koetaan is baie positief oor die volgende termyn, aangesien die eerste keer ’n pos geskep is wat uitsluitlik vir koshuisaangeleenthede verantwoordelik is. Mnr. W.P. Wahl is aangestel en word uit Koetaan se kantoor bestuur.

Siphe Ntsaluba, primaria van Huis Akasia, dink dit gaan baie moeilik wees om een stelsel op al die koshuise van toepassing te maak, aangesien verskillende koshuise verskillende behoeftes het.

Sy dink egter dit is moontlik. “It is a very good initiative from Housing and Residential Affairs (HRA), because change is always good.

“Some residences might be ready to fly on their own and are ready to perform, but we still need help.

“Even though we have not reached success yet, this has been an amazing term that has eliminated laziness and shaped character. In the real world out there it’s not just about your own people.”

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.