Boesemvriende cum ook saam-saam taai graad

2010-05-24 23:35

Onder die baie “spesiale” graadtoekennings verlede week was dié van twee aktuariële studente wat van gr. 8 af hegte vriende is.

D.W. Bester en Stefan Britz het verlede ?jaar ?die ?graad ?B.Sc. Aktuarieel nie net voltooi nie, maar ook gecum.

D.W. was ook die beste Baccalaureus-graadstudent in sy finale jaar in die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe waarvoor hy die dekaansmedalje ontvang het, en die beste Baccalaureus-student aan Kovsies waarvoor hy die senaatsmedalje ontvang het.

Stefan en D.W. het mekaar op laerskool in die Nautilus-wiskundeprogram leer ken, “maar toe het ons nie baie van mekaar gehou nie”, spot hulle.

D.W. was in die Laerskool Fichardtpark en Stefan in Tjokkies (Laerskool Universitas).

Hul vriendskap is gesmee toe albei na die Hoërskool Jim Fouché is waar hulle mekaar in wiskunde, addisionele wiskunde en wetenskap opgedreun het.

Albei het in matriek op ’n toekoms as aktuarisse besluit en om aan die UV te studeer.

Vir afleiding van hul veeleisende studies het hulle met die Koreaanse krygskuns haedong begin. Albei het verskeie medaljes op die Suid-Afrikaanse kampioenskapbyeenkomste behaal en verlede jaar ’n swart gordel. Nog ’n sportsoort wat hulle saam-saam op universiteit begin speel het, is bofbal. Elke Saterdagmiddag sal jy sien hoe hulle saam met dosente en studente van die departement aktuarieel en wiskundige statistiek op een van die universiteit se rugbyvelde hulle soos Amerikaanse bofbalspelers gedra.

Stefan en D.W. se toekomsvisie het begin vanjaar effens uiteengeloop. D.W. sien steeds kans vir die lang en moeilike pad na dié van aktuaris, dus doen hy vanjaar honneurs in aktuarieel.

Stefan sê hy hou nie van die sakewêreld nie, hy verkies wiskunde en is vanjaar ingeskryf vir honneurs in wiskundige statistiek.

As die lewe verloop soos die twee vriende in gedagte het, sal hulle nog geruime tyd studente aan Kovsies wees en hulle ?nog beter in haedong bekwaam.

En as hulle dalk eendag in dieselfde stad werk, wil hulle ’n haedong-skool open.

Stefan se ander groot liefde is musiek – hy speel drumkit in ’n band.
 

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...