Bloemfontein

Dinsdag

Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.

18°C
31°C

7 day forecasts

Bejaarde vrou op pad kerk toe gekaap

2009-11-23 02:58

WESSELSBRON. – ’n Bejaarde vrou van ’n plaas buite die dorp is gisteroggend op pad kerk toe gekaap.

Mev. Ina Fourie sê haar ma, mev. Rina Wessels (78), was van die plaas af op pad kerk toe. “Skaars ’n kilometer van die plaas moes sy in die pad stilhou, want daar was groot sementbakstene in die pad gepak. ’n Man het langs haar motor verskyn en haar beveel om oor te skuif na die passasiersitplek.”

Sy sê haar ma se voet het aan die stuurwiel vasgehaak en sy het baie seergekry. Die man het vir Wessels gevra waarheen sy op pad is en hy het aangebied om haar kerk toe te vat. Hy het egter van plan verander.

Die man het begin ry, maar is nie ’n goeie bestuurder nie. “ ’n Ent verder het my ma voorgestel dat sy bestuur, omdat hy nie kan bestuur nie. Hulle het stilgehou, maar toe sleep hy my ma uit haar motor.”

Hy het haar na ’n sloot langs die pad gesleep waar hy haar met toue vasgebind het.

Hy is toe met haar motor en handsak weg.

Fourie sê haar ma kon daarin slaag om haarself los te kry en het begin aanstap dorp toe. ’n Motorfietsryer het by haar gestop en hulp aangebied.

Hy het Fourie gebel.

“Dit is ’n baie traumatiese ervaring vir my ma. Haar bors is baie seer want die man het met sy knie op haar bors gedruk toe hy haar met die toue vasgebind het.

“Sy het oral blou kolle. Hy het ook die hele tyd gedreig om haar dood te maak.”

Wessels sterk by Fourie aan. Sy bly in haar eie huis saam met haar seun op ’n plaas.

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Alwyn 11/23/2009 9:24:33 AM
Liewe Tannie, ek ken jou nie - maar ek bid vir jou. Mag jy gou van jou wonde en die emosionele pyn herstel. So mooi land, so mooi provinsie - sulke slegte gebeure! Die Here hoor ons sug!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R460,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Ambiente Quattro Dsl Tiptronic MY09
2008
R 349,000.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!