Bloemfontein

Dinsdag

Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.

18°C
31°C

7 day forecasts

Roy Jankielsohn

Volksblad-gebruiker

Vrystaat is voos, maar soustrein rol voort

deur Roy Jankielsohn
2009-11-17 03:46

Die voorbladberig, Vrystaters keelvol vir slaggate (Volksblad, 12/11/09) verwys.

Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, mnr. Thabo Manyoni, het onlangs aan die DA in die wetgewer erken dat 63% van alle teerpaaie en 90% van alle grondpaaie in die Vrystaat swak tot uiters swak is.

Terwyl hierdie stand van sake heers het die nuwe Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, R14,3 miljoen aan sy inhuldigingspartytjie en geselligheid ná sy openingsrede in die wetgewer bestee. Net daarna het hy nog R11 miljoen bestee aan luukse Mercedes-Benze vir sy uitvoerende komitee.

Daar word steeds talle ander geleenthede deur die provinsiale regering geborg.

Ons provinsie het die swakste gesondheidsorg in Suid-Afrika, ons het die swakste paaie in die land, ons provinsiale departemente het volgens die ouditeur-generaal die meeste onreëlmatige uitgawes van alle staatsdepertemente, en ons munisipaliteite sukkel om basiese dienste te lewer.

Die regering kan nie verwag dat belastingbetalers die luukse leefwyses van die regerende politieke elite onbeperk gaan onderhou terwyl dieselfde politici beweer dat daar nie geld is vir basiese dienste en infrastruktuur nie.

Die ANC moet besef dat hierdie stand van sake bydra tot politieke onstabiliteit, wat baie gevaarlik is vir ’n jong demokrasie soos Suid-Afrika.

Roy Jankielsohn

DA-leier in die Vrystaat

Beoordeel hierdie artikel:

Lewer kommentaar op dié storie


Koos Koekemoer 11/17/2009 7:56:11 AM
Jaaaaa Roy. Is dit nie om van te kots nie?? So is dit en so sal dit seker bly totdat iemand uit die massas opstaan en stem dikmaak. Wat my absoluut verstom, is dat die mense wat die swaarste kry, met elke verkiesing maar net weer en weer en weer vir die FCP (Fat Cats Party) stem. Mense gaan letterlik dood van ellende: honger, werkloosheid, HIV, geweld, misdaad. Maar die Fat Cats vreet net al hoe meer en mors net al hoe meer met al daardie geld wat so 'n groot verskil kan maak aan die slagoffers van armoede se lot. Hoe slaap Ace in die nag as hy weet hy en sy trawante het met sy inhuldiging miljoene rande deur hulle keelgate (en ande gate) gesleep, en daar is kinders, oumense, gestremdes en armes wat vir dae lank nie eers 'n stuk droë brood het om te eet nie? Hoe kyk hy (en nie net hy nie: die hele ANC leierskap) homself in die oggend in die spieël? Hy KAN NIE vir homself sê "ek doen die heel beste wat ek kan vir die mense wat my in hierdie posisie in verkies het" nie. Jy kan nie, Ace!! Tensy jy gewoond is daaraan om vir jouself te lieg en jou eie liegstories te glo. Dit is nie net die paaie, onderwys en gesondheidsisteem wat moer toe is nie. Al hoe meer mense se daaglikse basiese lewenskwaliteit is besig om moer toe te gaan. En solank as wat die Groot Katte Met Die Dik Sterte aanhou vreet en vetter word en grênd lewe, sal die massas suffer. Miskien het die gemeenskap daarbuite 'n "messias"-figuur nodig soos wat Jonathan Jansen vir die UV is.......
H Kruger 11/17/2009 11:05:50 AM
Maar Meneer, julle is dan die amptelike opposisie. Hoekom doen julle dan nie iets daaraan nie? Hoekom bou julle nie huise en doen wat nodig is om die mense van die land se stemme te wen en waardig te wees sodat die mag kan skuif nie? Ek dink dat die opposisie partye van hierdie land die grooste verskil buite die parlementsgeboe moet maak alvorens die verskil daarbinne sal kom.
nooddienste 11/17/2009 3:34:08 PM
FCP....HAHAHA dis snaaks - ek like dit, en dit is soooo waar. Ek is raad op oorons land. Ek begin te dink daar is nie meer hoop nie. ek neem aan onse MNR ace het nog nooit nooddienste gedoen en alle tye van die dag na ongelukke gejaag net om weer te sien hoe 'n pothole iemand se lewe ge-eis het nie. Met alle respek MNR ACE, ek help uit by ons kinderhuis en watse gesukkel is dit nie om vir die kinder hul medikasie te kry nie. Die staat is hopeless. Ons betaal als uit ons sak uit. Ek wens iemand wil daai blink moter onder jou ali uit steel en jou huis weg vat sodat jy ook weet hoe dit voel om te sukkel!! Ek like julle NIKS NIE!!!!!
Kalla 11/18/2009 11:24:15 AM
Die media speel werklik 'n belangriker rol as wat mens soms besef.
Dankie Karen Ebersohn en Emile Hendricks. Wonder hoeveel lewens julle gered het?
En of Sikisi se ongeluk niks met die herstelwerk aan die pad te doen het nie, weet ek nie so mooi nie....
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Ambiente Quattro Dsl Tiptronic MY09
2008
R 349,000.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Single Residential R5,000,000

WHITE RIVER

Single Residential R10,900,000

SUNNINGHILL

Multiple Unit R2,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!