- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Staan saam teen dít wat SA skaad
deur Uit die hart
2010-02-06 05:55
Ek wil graag aan almal dié versoek rig wat dit mag lees: Kan ons nie asseblief begin saam staan teen dinge wat die mensdom in Suid-Afrika skaad nie, dinge soos bedrog en die veiligheid van ons mense en selfs die land.
Hou op om net te kla en doen vir ’n slag iets aan dit. Ons het ’n grondwet en ons het wonderlike wette wat ons kan help teen die onheilsdinge wat aangaan in die gemeenskap, selfs in die private sektor en in die regering.
Ek glo daar is mense wat ’n verskil wil en sal maak as daar ’n geleentheid is.
Maar ek sê moenie wag tot daar ’n geleentheid is nie, maak daardie geleentheid deur om in jou omgewing iets positief te doen.
Staan saam om vreedsaam daardie probleem op te los.
Hou op om net aan jouself te dink en te kritiseer en om verby mekaar te lewe en om nors te wees en maak of die lewe jou iets skuld. En dan wil jy kwaad wees vir almal. Nee!
Die lewe skuld niemand niks nie, as jy net terug sit en aan jouself dink, dis wanneer daar onheilsdinge gebeur omdat almal aan hulle self wil dink.
Dink ook aan ander wat om jou is, al is hulle ’n ander nasie of volk.
Respekteer mekaar en wees mekaar net ’n bietjie meer genadiger en julle almal sal sien dit sal beter gaan.
Ek weet daar sal baie kommentaar gelewer word oor hierdie siening, maar voordat jy begin oordeel, dink ’n bietjie.
Het jy al die moed gehad om iets soortgelyks te doen, het jy regtig probeer? En as jy sê “Ja, ek het al so iets probeer, maar ek het dit nie reggekry nie”, is my vraag:
Hoekom het jy nie aangehou nie? Want as jy aangehou het, sou jy gewen het.
Kyk na die groot hofsake wat nou aangaan. Maak nie saak hoe jy die probleem toesmeer nie, die waarheid sal uitkom en dan is jy in groter moeilikheid as wat jy gedink het.
As jy onheil wil pleeg, stop. Dink ’n bietjie oor die mense om jou en wat gaan in die toekoms kan gebeur.
So, kom ons staan saam en werk saam as Suid-Afrikaners wat uit alle bevolkingsgroepe bestaan en kom ons bring die onheilsdinge tot ’n einde. Komaan mense, staan saam!
Uit die hart